Roekeloos
Live en Ingeplug is ‘n skreeusnaakse karaoke kabaret wat die wel en wee volg van Kannetjie Kleingeweld – die Karaoke Koning van Kaapstad.
Kannetjie, gespeel deur Denver Vraagom, verduidelik sy, somtyds, eienaardige lewesfilosofie aan die hand van poësie, bekende liedjies en stories. Dis interaktiewe teater op sy beste en geskik vir enigiemand bo 16.
Kannetjie het probleme met sy ma, sy vrou, Meryl, en sy geldskieter, Kanna, wat aanmekaar dreig om na sy huis toe te kom. Maar deur dit alles glo Kannetjie vas dat “the show must go on!” Hy byt vas en vermaak sy gehoor teen wil en dank.
Met poësie van Peter Snyders en ander.
Jy kan vir Kannetjie by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch sien op 10 & 11 Maart 2010.
Sien ons Dagboek vir meer besonderhede oor die vertonings.Met: Denver Vraagom
Regie: Ben Kruger
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.