Kieslys

Close


*/

03 Oktober
2014
Teater
1868 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Lizz Meiring met Cheaper than roses by Aardklop

Twintig jaar gelede, skryf die dramaturg Ismail Mahomed ‘n solostuk vir die aktrise Lizz Meiring. Die drama handel oor ‘n onderwerp waaroor niemand in ons land nog steeds wil praat nie. Weens Meiring en Mahomed se verskeie werkverpligtings, word die stuk nie destyds opgevoer nie. Maar Meiring en Mahomed voel beide, dit was goed dat dit nie destyds opgevoer is nie.


In 2013, versoek Dr Niel le Roux die voormalige direkteur van die Media 24 Suidoosterfees, dat Meiring en Mahomed, die solostuk kom opvoer by die 2014 Media 24 Suidoosterfees.

Meiring en Mahomed is dit eens, dat dit nou die regte tyd is om Cheaper than roses die lig te laat sien. Die befaamde Zane Meas word as regisseur aangestel. Coenie de Villiers skep spesiale musiek en Kosie Smit van Kosie House of Theatre vervaardig, en doen ook die stel en beligtingsontwerp.

Cheaper than roses is met uitverkoopte vertonings en staande ovasies by die Suidoosterfees 2014 en US Woordfees 2014 bekroon.

Cheaper than roses vertel die ongewone, snaakse en soms hartseer verhaal van Betty Fourie, ‘n vrou wat nie langer kan weghardloop van wie sy waarlik is nie. Voeg by ‘n verlate stasie, die spoke van haar verlede, asook onse Madiba as onwillige gespreksgenoot, en die intrige bou tot ‘n rits onblotings en verrassings.

Die stuk speel af in 1996 en vertel die verhaal van ‘n bruin vrou wat haarself in die apartheidsjare laat herklassifiseer het as blank. Om een of ander rede , word daar nog steeds nie gepraat oor die herklassifikasie kwessie nie. Maar Cheaper than roses is glad nie ‘n politiese storie nie, bloot net die eg menslike versugting van alle Suid Afrikaners wat hul plekkie onder die soms verwarrende, Afrika son soek.

Met: Lizz Meiring
Regie: Zane Meas
Teks: Ismail Mahomed

Aardklop 2014

Opvoertye:
8 Oktober 12:30
9 Oktober 12:30
10 Oktober 12:30
11 Oktober 21:00

Potchefstroom Central Primary School, Potchefstroom

Besprekings by Computicket.

Cheaper than roses

Cheaper than roses




1 Opinie:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Teater
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD