// jy lees ...

Teater

Lusistrata

Lusistrata, die bekende Griekse komedie deur Aristophanes, word deur die U.S. Drama Departement aangebied. Marthinus Basson, alom beskou as een van Suid-Afrika se beste regisseurs, behartig die regie van die toneelstuk.

Die verhaal speel af in Athene, op dié stadium gewikkel in ´n oorlog met Sparta. Die vroue van Athene is keelvol vir die ewigdurende oorlogvoering en besluit om hul mans toegang tot die huweliksbed te weier totdat hulle ophou oorlog maak, met die voorspelbaar komiese gevolge.

Met Basson in beheer behoort hierdie klassieke toneelstuk behoorlik tot sy reg te kom as genotvolle skouspel, veral met sy temas oor oorlogvoering en die stryd tussen die geslagte wat tot vandag toe nog aanklank by gehore behoort te vind.

Related posts:

  1. Ontlont
  2. Mamma Medea
  3. Brolloks en Bittergal
  4. Kindertransport
  5. Maria Stuart

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] vir my die afgelope jaar was Mamma Medea (uit ‘n oorsese pen), Lusistrata (studente-produksie; oorsese pen) en Bloeiende Lente (studente-produksie; oorsese [...]

    Geskryf deur Sokkies optrek … Roekeloos | 27 Julie 2009, 12:33