// jy lees ...

Teater

Lyf

LYF is deel van ‘n trilogie deur choreograaf Kelsey Middleton en die dansgeselskap, Kmad.com.

Eers was daar Lyftaal, toe Lyf en siel gevolg deur Lyf. Kmad.com vergesel die gehoor deur ‘n intieme lewenservaring deur die persoonlike dagboek van ‘n vrou te verbeeld.

Die boodskap word passievol oorgedra deur ‘n reeks emosionele danssketse: “Ek is ‘n dogtertjie gebore, die lewe het my ‘n vrou gemaak”. Ons smag almal daarna om werklik aanvaar, eerlik waardeer, eenvoudig liefgehê te word en bo alles vry te wees.

Kmad.com se dansers vertoon buitengewoon indrukwekkende tegniese meesterskap – soos weer onlangs bewys in Bloudruk van Suid-Afrikaanse Dans by KKNK 2007!

Musiek sluit in o.a. “Lyf” van Matthys Roets; “Saam” van Nataniël, “Ek loop die pad” van Amanda Strydom, “Deurmekaar” van Karen Zoid, e.a.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

lyf

Related posts:

  1. Finaliste vir 2006 Sanlam-teaterprys
  2. Teater-intervarsity by KKNK
  3. Maties, Kovsies en Tshwane weer finaliste
  4. Boetman is Bedônit
  5. Die Melkbos Passie

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.