Eendag was daar ‘n man. Die man het geglo. Hy het geglo dat: sy baas van hom hou, sy vrou van hom hou, sy kollegas van hom hou en sy kinders mal is oor hom en toe een oggend skrik hy wakker.
Ná sy betrokkenheid by die twee treffers, Stok en Suig, betree Leon Ecroignard die eenmankollig met ‘n multi-aanslagvertoning soos net hy en sy tienduisend instrumente en talente dit kan doen. Hy werk al sedert Stok se debuut aan die verhaal en konsep van Man en lewer weer eens grensverskuiwende werk.
Man het by Innibos 2005 gedebuteer waar die De Kat Ramkat-prys aan Leon toegeken is vir beste kunstenaarsbydrae tot die fees.
Met bydraes deur Anton Basson en Deon Opperman.
No related posts.















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.