Na ‘n speelvak in Amerika is Mies Julie terug in Suid-Afrika. Dit skop 17 Januarie af in The Laager by die Markteater in Johannesburg.
Die New York Times het Mies Julie aangewys as een van die 10 beste produksies in New York in 2012. Tydens die 2012 Nasionale Kunstefees in Grahamstad was dit een van die top drie produksies op die Roekeloos Telbord en Hilda Cronje was een van die gewildste aktrises. By die Edinburgh Fees in Skotland het dit die Bank of Scotland Herald Angel Award en die Scotsman Fringe First Award gewen. Die stuk ondersoek die ingewikkelde verhoudings binne die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap.
Min mense is bewus daarvan dat Mies Julie reeds in 1985 opgevoer is. Dit is destyds verban, omdat John Kani Sandra Prinsloo op die verhoog gesoen het. Die stuk het ‘n ouderdomsbeperking van 18 jaar.
Mies Julie verlaat Suid-Afrika weer in Maart vir ‘n speelvak van drie maande in Londen. Yael Farber en Lara Foot staan aan die stuur van die stuk.
Mies Julie is elke Dinsdag tot Sondag op die planke by die Markteater. Die speelvak eindig 24 Februarie.
(Stuur enige menings, resensies of bydraes na bydraes [by] roekeloos.co.za)
Lewer kommentaar