Die verhaal van ’n meisie wat eens Mooi Maria was – totdat die noodlot toegeslaan het.
Mooi Maria is diep ontroerend, maar tipies van Pieter Fourie se dramas wissel hy die
dramatiese af met komiese oomblikke en getuig sy karakters van ’n eg menslikheid.
Nes Fourie se Faan se trein en Faan se stasie is Mooi Maria een van sy wegholsuksesse van die jare sewentig.
Met onder andere Isadora Verwey, Roeline Daneel, Neels van Jaarsveld en André Roothman.
Regie: Albert Maritz.
Première.
Banketsaal 1, Potchefstroom – 100 min. – R110.
4 Okt. – 11:30, 5 Okt. – 15:00, 6 Okt. – 20:30, 7 Okt. – 14:30, 8 Okt. – 09:00
Lewer kommentaar