// jy lees ...

Teater

My Sarie Marais

My Sarie Marais

Roekeloos

’n Vrou keer vir die eerste keer ná twintig jaar terug na die plaas waar sy grootgeword het en ontdek dat die plaas nou besit word deur die man op wie sy as jong meisie verlief was.

Hy is nooit getroud nie. En so begin ’n verhaal van herontdekking, konfrontasie, vergifnis en uiteindelik die insig dat daar in woede baie dinge geskreeu word, maar dit beteken niks nie.

Dis die dinge wat gefluister word wat alles beteken. ’n Mens skreeu: ‘’Ek haat jou!’’ Maar ’n mens fluister: ‘’Ek het jou lief.’’

My Sarie Marais is Deon Opperman se eerste drama vir die verhoog ná 2007 se Kaburu, waarmee Opperman met sy tweede Hertzogprys bekroon is. Dit is die eerste van drie dramas wat as Die Mooirivier-trilogie bekend sal staan.

Teks: Deon Opperman
Regie en ontwerp: Deon Opperman
Met Deon Coetzee en Hanli Rolfes

Deon Opperman

Deon Opperman

75 min. R105 kykNET Hoërskoolsaal
2 Apr. 18:00 3 Apr. 15:00 4 Apr. 12:00 4 Apr. 20:30 5 Apr. 09:00

KKNK 2010

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Sarie Marais
  2. Deon Opperman se gen***
  3. Knypie Oppie Kant
  4. Eugene Marais – ‘n hoorbeeld
  5. Dubbel en Dwars

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site