Kieslys

Close


*/

22 Augustus
2013
Teater
1195 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Na-aap

’n Vertaling en verwerking van Franz Kafka se aangrypende A Report to an Academy waarin ’n aap, Rooi Piet, wetenskaplikes by ’n konferensie toespreek oor die verloop van sy lewe.

Hy vertel van sy reis per skip van die oerwoude van Afrika na Hamburg, Duitsland, en hoe hy sy ingehokte bestaan oorleef het deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Rooi Piet se na-apery van mense is so suksesvol dat dit vir hom ’n lonende loopbaan word.

Sy verslag oor die gedaantewisseling van aap na mens bied ’n kritiese en onthutsende perspektief op wat die mens is en hoe hy optree. Dit kyk ook hoe kultuur, beskawing en gewoontes die natuur verwring en hoe die mensdom weens aangeleerde gedrag nooit werklik vry kan wees nie.

Met: De Klerk Oelofse
Regie en ontwerp: Jaco Bouwer
Vertaling: Arnold Blumer

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: Laerskool Mooirivier, Potchefstroom
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R90
24 Sept. – 09:00, 25 Sept. – 12:00, 26 Sept. – 17:00, 27 Sept. – 12:00, 28 Sept. – 17:30




1 Opinie:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Teater
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Janet
2019-01-18 17:21:05
wat beteken kleingeestig...
H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD