Night & Day

Die Kaapse Stadsballet se trefferproduksie Night & Day, ‘n sprankelende huldeblyk aan die lewe en musiek van Cole Porter, sal tot 11 Januarie 2014 in die Kunstekaap Teater opgevoer word. Na uiters suksesvolle speelvakke in Johannesburg en Durban kan dansliefhebbers in Kaapstad weer uitsien na hierdie opwindende aanbieding wat elemente van jazz, klopdans en revue insluit.


Porter was een van die mees gewilde liedjieskrywers van die 20ste eeu en het van die pittigste en mees romantiese liedjies ooit gekomponeer. Hy het die Amerikaanse musieklandskap van die 1930’s tot 1950’s gedomineer. Sy musiek was oor dekades heen – en tot vandag toe – populêr, met kunstenaars soos Ella Fitzgerald, Frank Sinatra, Robbie Williams, Michael Bublé, en Alanis Morisette wat dit opgeneem het.

Vernoem na Porter se beroemde melodie neem Night and Day met pragtige kostuums en uitstekende choreografie die gehoor op reis na ‘n park in Parys, ‘n koffiekroeg in Venesië, die strate van New York en selfs ‘n filmateljee in Hollywood. Saam met ‘n klarinetspeler op die verhoog, vermaak die geselskap op bekende liedjies, soos “Let’s Misbehave”, “Too Darn Hot”, “Let’s Fall in Love” en “Anything Goes”.

Resensente het die produksie geprys as betowerend, briljant gechoreografeer, pragtig uitgevoer en ‘n vertoonvenster van uitstekende tegniek.

Met regie deur Robin Van Wyk beloof Night & Day ‘n hoogs vermaaklike teaterervaring met dans van die hoogste kaliber, aangebied deur Suid-Afrika se vooraanstaande balletgeselskap.

Die Kaapse Stadsballet bied Night & Day tot 11 Januarie 2014 in die Kunstekaap Teater aan. Besprekings kan by Computicket of Artscape-bel-‘n-sitplek by 021 421 7695 gedoen word. Kaartjieprys: R250 vir alle sitplekke op 31 Desember (insluitende komplimentêre glas vonkelwyn). Alle ander vertonings R 150-175. Spesiale pryse vir groepe van 10 en meer of vir gekombineerde kaartjies vir meer as een van die Kaapse Stadsballet se Kersseisoen produksies.

Night and Day, Mariette Opperman en Ivan Boonzaaier
Night and Day, Mariette Opperman en Ivan Boonzaaier

Vertonings van Night & Day in die Kunstekaap Teater:
Vr 3 Jan @ 19h30
Sat 4 Jan @ 14h00
Sat 4 Jan @ 19h30
Son 5 Jan @ 15h00
Woe 8 Jan @ 19h30
Sat 11 Jan @ 14h00
Sat 11 Jan @ 19h30

(foto Jacques Conradie)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply