Kieslys

Close


*/

19 Maart
2017
Teater
222 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

O my goeie volk

O my goeie volk is ’n solo-sketskomedie wat tong in die kies die spot dryf met ’n reeks kleurvolle Afrikaanse karakters.

Daar is onder andere Ivonnie, die Jeunesse-konsultant van Mpumalanga wat in verkleinwoordjies praat; Michellé, die ma en bestuurder van die 14-jarige popster, Caché; en Marietjie, die giftige rusbankresensent wat haar mond onbeskaamd en onophoudelik op kykNET se Facebook-blad uitspoel.

Die gehoor word vermaak deur uiteenlopende karakters wat twee goed in gemeen het: hulle is vroulik en hulle is Afrikaans.

Die teks is skerp, snaaks en die karakterisering pynlik akkuraat. Von Waltsleben is bekend vir haar vernuftige karakterwerk op die verhoog en in TV-reekse soos Die Francois Toerien Show en Die Republiek van Zoid-Afrika.

Holm, die regisseur, weet meer van solovertonings as enige ander vrou (of man).

* Debuut *

Met: Esther von Waltsleben

Regie: Marion Holm

Teks en vervaardiger: Esther von Waltsleben
Verhoogbestuurder: Jan-Hendrik Opperman

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 14 –
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R100
Plek: Die Parlement, Oudtshoorn
Datum: 8 April 17:00; 9 April 20:00; 10 April 14:00; 11 April 11:00

KKNK 2017


O my goeie volk

O my goeie volk


3



Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
15 November 2005
Teater
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

bjornson stock
2017-04-29 04:13:26
Ek woon in die V.S. en wil Afrikaans leren. Wie kan 'n bietjie help ge????? ...
gentoonofb
2017-04-27 12:54:19
___123___Beelde in installasies | Roekeloos___123___...
Hemelruim in die Fugard | Roekeloos
2017-04-25 08:09:08
[…] loopbaan sluit in Christiaan Olwagen se Dogma, Die Rebellie van Lafras Verwey, Die Kersieb...

Advertensie