Sneeuwitjie en die sewe dwerge

Spektrum en Stercus produksies gaan voort met hul vernuwing van klassieke sprokies met Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge.

Die oorspronklike sprokie is deur die Broers Grimm, en Gaerin Hauptfleisch het dit verwerk tot ‘n vermaaklike verhoogstuk.

Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël. Daar is ook sprake van ’n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.

Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by kunstefeeste soos KKNK nie, maar ook by skole oor die hele Wes-Kaap.

Sneeuwitjie en die sewe dwerge is 17 Desember by die Ou Meulteater in die Paarl.

Bespreek by Vicky by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Esther von Waltsleben (agter) en Stephanie Hough in Sneeuwitjie en die sewe dwerge
Esther von Waltsleben (agter) en Stephanie Hough in Sneeuwitjie en die sewe dwerge

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Waar kan ek oulike stukke soos die in Engels kry vir laerskool leerders?

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar