// jy lees ...

Teater

The Convent Girls – You Know What They Say

Lisa Bobbert en Tonya Koenderman is twee roekelose siele wat al meer as 30 jaar vriende is. Hulle terg, beledig en spot met al wat leef en beef, selfs met mekaar. In Durban en omgewing ken almal omtrent die “Convent Girls” en hulle is al vir verskeie toekennings genomineer.

The Convent Girls – You Know What They Say is Bobbert en Koenderman se jongste cabaret met nuwe stories en nuwe liedjies. Dit fokus op die twee se verhouding sedert hulle skooldae by die Rosebank Klooster.
As jy nie weet wat mense gewoonlik sê van kloostermeisies nie, dan is ‘n aandjie saam met die twee net wat jy nodig het.

Hulle is tot 29 Julie by die Rhumbelow-teater in Durban. Kaartjies kos R100 en jy kan jou eie piekniekmandjie (sonder alkohol) saamvat. Daar is ‘n kroeg by die teater.

Jy moet bespreek: 031 205 7602 / 082 499 8636.

The Convent Girls - You Know What They Say

The Convent Girls – You Know What They Say


Bespreking

Geen kommentaar vir “The Convent Girls – You Know What They Say”

Gee jou mening