// jy lees ...

Musiek

Topsy Turvy

Jonothan Roxmouth se eenmanvertoning, Topsy Turvy, is vir die volgende maand lank in die Studio-teater by Montecasino.

Met behulp van die persona van ‘n rits lawwe karakters vat Roxmouth jou op ‘n rit deur die meer komiese vers en lied van die bekende Gilbert & Sullivan. Dis alles behalwe die tradisionele G & S. Roxmouth het die werke ‘aangepas’ en die nuwe weergawes is nogal snaaks.

Roxmouth is beslis ‘n musikale skisofreen. In Topsy Turvy beeld hy 15 karakters uit en sing liedere uit 8 operettes.

Topsy Turvy is by Montecasino tot 5 Agustus. Kaartjies kos R150 en kan bespreek word by 011 511 1818.

Jonothan Roxmouth in Topsy Turvy

Jonothan Roxmouth in Topsy Turvy


Bespreking

Geen kommentaar vir “Topsy Turvy”

Gee jou mening