// jy lees ...

Aardig

Vergoeding vir bydraes

Ontvang vergoeding vir jou Afrikaanse bydraes. Roekeloos.co.za betaal in wyn* vir artikels.

Die voorwaardes:

• Jy moet 18 jaar of ouer wees om ’n bydrae te lewer.
• Jy moet ’n posadres hê in Suid-Afrika.
• Die bydrae moet uit minimum 200 woorde bestaan. Lidwoorde uitgesluit.
• Die bydrae moet oorspronklik wees en mag nêrens anders verskyn nie.
• Geen anonieme bydraes.
• Die prys is tans 1 bottel wyn vir 1 artikel.
Roekeloos.co.za se paneel van onkundiges het die finale sê oor watter bydraes gebruik word.
• Geen korrespondensie word gevoer oor bydraes wat nie aanvaar is nie.
• Die wyn word die maand nadat die artikel verskyn het afgelewer – hoofsaaklik via die Suid-Afrikaanse Poskantoor.
• Bydraes vir die Gedigte-afdeling kom nie in aanmerking vir vergoeding nie.

Bydraes oor omtrent enige onderwerp is welkom. Stuur dit aan bydraes@roekeloos.co.za.

Wie word voorgetrek:

• Humoristiese bydraes.
• Boek-, film-, teater en musiekresensies.

* Hier volg die fynskrif:

• Die uitgewer besluit oor watter wyn gebruik word.
• Die uitgewer behou die reg om te besluit hoe en waar die bydraes gebruik word.
• Die uitgewer mag nie verantwoordelik gehou word vir wyn wat die poskantoor “misplaas” nie.
• Die uitgewer mag ook nie verantwoordelik gehou word indien jy nie die voorwaardes verstaan nie.
• Die uitgewer mag die wyn ter enige tyd vervang met ’n ander vorm van vergoeding, byvoorbeeld elektroniese toerusting of klerasie.


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. Jislaaik! Natuurlik sal enige persoon met breinkapasiteit nie die versoeking kan weerstaan om iets konstruktief te skryf om helaas, beloon te word vir `n bietjie voggies nie!!!! Ek sal nou moet gaan sit en dink watter loutere onsin kan ek wys raak – nie sommer verbale diaree nie!

    Geskryf deur Van Zyl Lochner | 5 Augustus 2011, 16:17
  2. Ek moet se ek vind dit hoogs diskriminerend om nie die Gedigte bydraes ook te beloon nie, dis natuurlik ‘n baie groter kuns om die woorde te laat rym, en almal van ons weet mos hoe lekker dig ‘n mens nadat die voggies eers in is.

    Geskryf deur Anell de Beer | 14 Desember 2011, 13:06
  3. Ek wil graag by die Roekeloos gemeenskap aansluit op ‘n permanente basis. Ek sal graag by gedigte met jul wil deel vir geen vegoeding nie. Hoe doen mens dit, of moet mens redelik ‘n naam al gemaak het in hierdie veld? Ek voel dat wat ek voel, meer verstaan sal word hier tussen vreumdes as wat dit sal op ‘n Facebook bladsy tussen mense wat sogenaamde vriende is.

    Geskryf deur Zander | 19 Maart 2012, 13:09