Een van die hoogtepunte op die kinderkalendar die afgelope paar jaar was beslis die produksie Vlooi!
Vlooi is vanjaar terug met Vlooi en die Koekieman! Die avontuur waarop hy jou gaan neem gaan jou laat gil van plesier. Kom kyk hoe Vlooi, Biebie en Kalla hulle ouma se resepteboek red uit die hande van die nare Koekieman. Of beland hulle dalk self in die nare man se mengbak?
Die regie word stewig gemeng deur die ervare Marinda Engelbrecht en met baie van die vorige Vlooi-bestanddele soos Margit Meyer-Rödenbeck, Joanie Combrink, Susan Beyers en Denver Vraagom, belowe hierdie produksie om ´n "bakgat-flopvrye" produksie vol skouspel en genot te wees.
Vir die eerste keer ook in Engels te sien as Kipper and the Cookie man!
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.