#aardklop13 Waansin

Ná die sukses van Vuurvoël en Amore is Biblioteek Musiekproduksies terug met ’n hartstogtelike mosaïek-opera.

Die sensasionele koloratuursopraan Magdalene Minnaar vertolk waansin-arias uit bekende operas, met stratosferiese hoë note en ’n passievolle uitbeelding van hallusinasies en smartlike noodlot.

Die program sluit uittreksels uit Lucia di Lammermoor (Donizetti), Hamlet (Thomas) en 1894 (Braam du Toit) in.

Met begeleiding deur José Dias (klavier), Bridget Rennie-Salonen (fluit) en Cheryl de Havilland (tjello).

Regie: Jaco Bouwer
Ontwerp: Nadine Minnaar en Louis Minnaar

* Première *

Aardklop 2103

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking: Geen o/16
Plek: kykNET Konservatorium, Potchefstroom
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R95
26 Sept. – 11:00, 27 Sept. – 14:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar