War Horse het oraloor die wêreld gehore gaande gehad. Nou is dit Suid-Afrikaners se beurt om die produksie van die plaaslike Handspring Puppet Company te sien.
Elke pop in die stuk is destyds in Kaapstad vervaardig. Nou, na sewe jaar, is hulle terug in die land. Ekstra in hul bagasie is vyf Tony-toekennings na hulle ’n draai op Broadway gemaak het. Meer as vyf miljoen mense het al die stuk gesien.
War Horse is gebaseer op die boek van Michael Morpurgo en vir die verhoog verwerk deur Nick Stafford. Die regie word behartig deur Marianne Elliot en Tom Morris. Die stelontwerp is deur Rae Smith, beligting deur Paule Constable en die choreografie deur Toby Sedgwick. Basil Jones en Adrian Kohler is die baasbreine agter die poppe.
War Horse is in The Teatro in Montecasino in Fourways vanaf 22 Oktober 2014 tot 30 November 2014. Op 5 Desember begin dit in Kaapstad en speel tot 4 Januarie 2014. Kaartjies wissel van R100 tot R450. Besprekings by Computicket.
War Horse sal ook nog te sien wees in verskeie stede in Amerika, in Londen se West End, Ierland, en in Berlyn. In Junie 2015 begin dit in Amsterdam met verskeie vertonings oraloor Nederland tot September 2015.
Lewer kommentaar