“Johannesburg is fantasties oor Kersfees – al die kinders, prams (asook die grootmense s’n) is waar daar meer as vyf liter soutwater in die poeletjies staan. So die strate én die gange in Woolworths voel breër en die restaurante het tafels beskikbaar met genoegsame parkeerplek buite. Dus bly ek by my huis in Johannesburg met partner Clive en my hond Bollie,” sê die Gautengse entertainer en samesteller van twee cocktail boeke. Die eerste, Roctails, verskyn in 2000 by Struik Uitgewers. Onlangs, na ongeveer 250 cocktail demonstrasies (onder meer by The Good Food and Wine Show in Oktober vanjaar), opdragontwerpe vir voorste handelsmerke en ‘n eie wynreeks (Roccorocco), is sy nuutste, Momtails, by Lapa Uitgewers vrygestel.
Vertel van kerstyd in jou kinderdae in die Vrystaat – wat onthou jy daarvan?
“Baie kos, baie wyn, baie mense, baie familie, baie linte, baie papier, baie onnodige sinnelose artikels – maar ook baie plesier en baie gelag.”
Jy toer nou landswyd met Vitamin R – hoe word die stuk ontvang en waar tree julle op voor Kersfees?
“Ons kwota vir 2005 het ons oorskry, maar op 28 Januarie doen ek en Nomthandazo ‘n konsert by die Afronova Kunsgallery in Newtown Johannesburg (oorkant die Markteater www.afronova.com) om ‘n uitstalling oor MIV/VIGS-lyers af te sluit. Vitamin R was ‘n groot waagstuk, maar ook een van die belangrikste projekte van my loopbaan en lewe. Dit het die wonderwêreld van eie komposisiemoontlikhede oopgemaak. Die mense was gaande oor die musiek en soek dit op cd. Dele daarvan word volgende jaar op my nuwe album vrygestel met ‘n instrumental rock kwaliteit. Mense het dit as ‘n uurlange trip ervaar en baie het die stuk ‘n tweede en selfs derde maal gesien. Sonder kritiek was die produksie natuurlik ook nie, een of twee resensente het die geleentheid gebruik om meer vir Rocco te resenseer as die produksie in geheel. Dis maar hoe dit is. Hulle betaal nie vir kaartjies nie en het seker karre op higher purchase. Ek het ‘n konsertweergawe van Vitamin R bymekaar gesit wat ons oral opvoer en dit werk uitstekend.”
Hieronder volg twee resepte, een vir swanger vroue om oor die kersseisoen te geniet en ‘n meer tradisionele resep vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en werk en nie Kersfees in Suid-Afrika kan vier nie. Iets vir daardie heimweë en nostalgie wat so knaag onder ysige temperature.
Koue Vla Drankie vir Swanger Vroue
½ koppie Vla (custard)
Suurlemoensmeer na smaak (lemon curd)
Suurlemoengeur na smaak (lemon zest)
Ys fyngemaak (crushed ice)
½ koppie Koue Melk
Plaas al die bestanddele in ‘n menger en versap. Nie te veel Suurlemoensmeer nie.
(Put all the ingredients into a blender and whiz. Don’t overdo the lemon curd and add more crushed ice if desired.)
Roctini (ook vir Expatte)
½ part Van der Hum
½ part vodka
2 parts tangerine / naartjie juice
mint leaf
twist of lemon
Shake the liquid ingredients with ice and strain into a martini glass. Garnish with mint and a twist of lemon.
bydrae: Haydee Hollander