A
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Aandelebeurs
* Suid-Afrika se eerste aandelebeurs was op Barberton, Mpumalanga
Aantrekkingskrag
* In Suid-Afrika is die aantrekkingskrag die hoogste in die middel van die dorp Trompsburg.
Aartappels
* Informele straatsmouse koop in totaal 23% van Suid-Afrika se aartappeloes elke jaar. (2004)
Adolf Hitler
* Adolf Hitler was ‘n vegetariër en het net een testikel gehad.
Advertensies
* Die tyd wat in meeste advertensies aangedui word is 10:10.
Afrika
* Na beraming woon daar sowat 807 419 000 mense in Afrika. (2006)
* Afrika maak sowat 20% uit van die planeet se landmassa.
Afrikaan
* Die Suid-Afrikaner Sibusiso Vilane was in 2003 die eerste swart Afrikaan wat Everest bestyg het.
Afrikaner
* Die meeste van die vry vroue aan die Kaap rondom die einde van die 17de eeu (al 55 van hulle) was waarskynlik weeskinders. Heelwat van hierdie dogters het die stammoeders van Afrikanerfamilies geword.
* Die kinders van Europieërs en slawe wat aan die Kaap gebore is in die 17de en 18de eeu was gesogte slawe. Die Britte het na dié mense verwys as Afrikaners.
Ai
* ´n Ai se metabolisme is so stadig dat dit 30 minute onder die water kan bly sonder om te verdrink.
Akkedis
* Die kleinste akkedis op aarde, Sphaerodactylus ariasae, is net 16 millimeter lank en kom voor op die eiland Beata wat deel is van die Dominikaanse Republiek.
Albert Einstein
* Albert Einstein kon nie vlot praat op die ouderdom van 9 nie. Sy ouers was onder die indruk dat hy gestrem is.
Al Capone
* Volgens Al Capone se besigheidskaartjie was hy ´n meubelhandelaar.
Alfred Nobel
* Alfred Nobel, vader van die Nobel-prys, het sy geld gemaak met dinamiet. Hy het dit in 1866 uitgevind.
Amandels
* Amandels is lid van die perske-familie.
Amasone
* Die Amasone-rivier is 6 500 kilometer lank.
Amasones
* Volgens oorlewering was die Amasones ‘n strydlustige groep vroue wat hul regterbors geamputeer het om ‘n pyl en boog beter te kan hanteer.
Amerikaanse president
* Geen Amerikaanse president was die enigste kind nie.
Anale seks
* Anale seks tussen mans was aan die orde van die dag in antieke Griekeland.
Angs
* Een uit elke vyf persone ly aan ‘n angsversteuring. (Annals of Internal Medicine, 2007)
Antiloop
* Suid-Afrika het die grootste antiloop, die eland.
Antjie Somers
* Antjie Somers was ‘n berugte Kaapse struikrower wat vroueklere aangetrek het en snags mense op pad huis toe voorgelê het.
Arabies
* Arabies is die eerste taal van sowat 323 miljoen mense, omtrent net soveel as wat Engels as huistaal praat.
* Arabies is die amptelike taal van meer as twintig lande.
Asem
* ‘n Mens kan jou asem gemiddeld vir 1 minuut ophou.
Athos
* Geen vrou word op die eiland Athos, langs Griekeland, toegelaat nie. Die eiland behoort aan monnike sedert 1045, en geen vrou word sedert daardie jaar toegelaat nie. Tot onlangs is selfs nie vroulike diere hier toegelaat nie.
Onlangse kommentaar