W
Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z
Walvis
Die tong van die blouwalvis is so lank soos ‘n olifant.
Die vinwalvis is die langste soogdier en word sowat 25 meter.
Wapenskild
Die woorde onderaan Suid-Afrika se wapenskild, !ke e: /xarra//ke, beteken eenheid in verskeidenheid.
Waterskilpad
Sekere soorte waterskilpaaie kan deur hul agterent asem haal.
Weer
Van alle lande het die Verenigde State van Amerika gemiddeld die mees onplesierigste weersomstandighede.
Weerlig
* Daar is gemiddeld 100 weerligstrale wat die aarde tref per sekonde.
* Een weerligstraal bevat genoeg energie om 160 000 sny brood te rooster.
Wetenskap
90% van alle wetenskaplikes wat ooit geleef het leef vandag. (2008)
Wildlewe
Die Kruger-wildtuin in Suid-Afrika het die grootste verskeidenheid wildlewe in Afrika.
Die grootste wildsbok is die Derby-eland wat 1,8 meter hoog word en tot 700 kg kan weeg.
Wildreservaat
Die Franklin-wildreservaat op Naval Hill in Bloemfontein is die enigste wildreservaat in ‘n stadskern in die wêreld.
Wind
Winde op aarde kan ‘n spoed van tot 402,336 kilometer per uur haal.
Wingerd
Die eerste wingerd in Suid-Afrika is in 1655 geplant.
Winston Churchill
Die staatsman Winston Churchill is gebore in ‘n dameskleedkamer by ‘n danspartytjie.
Wimpers
Een mens verloor gemiddeld 30 m wimpers in ‘n leeftyd.
Woordverwerker
IBM het die eerste woordverwerker vervaardig in 1964.
Wyn
Die pinotage kultivar is eie aan Suid-Afrika.
Suid-Afrika produseer sowat 746 miljoen liter wyn per jaar. (2004)
Onlangse kommentaar