W

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Walvis

Die tong van die blouwalvis is so lank soos ‘n olifant.

Die vinwalvis is die langste soogdier en word sowat 25 meter.

Wapenskild

Die woorde onderaan Suid-Afrika se wapenskild, !ke e: /xarra//ke, beteken eenheid in verskeidenheid.

Waterskilpad

Sekere soorte waterskilpaaie kan deur hul agterent asem haal.

Webblad

Die gemiddelde leeftyd van ‘n webblad is tussen 44 en 77 dae.

Weer

Van alle lande het die Verenigde State van Amerika gemiddeld die mees onplesierigste weersomstandighede.

Weerlig

Daar is gemiddeld 100 weerligstrale wat die aarde tref per sekonde.

Een weerligstraal bevat genoeg energie om 160 000 sny brood te rooster.

Wetenskap

90% van al die wetenskaplikes wat ooit geleef het, leef vandag. (2008 & 2015)

Wildlewe

Die Kruger-wildtuin in Suid-Afrika het die grootste verskeidenheid wildlewe in Afrika.

Die grootste wildsbok is die Derby-eland wat 1,8 meter hoog word en tot 700 kg kan weeg.

Wildreservaat

Die Franklin-wildreservaat op Naval Hill in Bloemfontein is die enigste wildreservaat in ‘n stadskern in die wêreld.

Wind

Winde op aarde kan ‘n spoed van tot 402,336 kilometer per uur haal.

Windmeul

Daar is sowat 280 000 windmeule in Suid-Afrika. Slegs Australië het meer.

Wingerd

Die eerste wingerd in Suid-Afrika is in 1655 geplant.

Winston Churchill

Die staatsman Winston Churchill is gebore in ‘n dameskleedkamer by ‘n danspartytjie.

Wimpers

Een mens verloor gemiddeld 30 m wimpers in ‘n leeftyd.

Wizard of Oz

Die leeupak in The Wizard of Oz is gemaak van regte leeus.

Woordverwerker

IBM het die eerste woordverwerker vervaardig in 1964.

Worcestershire-sous

Worcestershire-sous word gemaak van opgeloste vis.

Wortels

Indien jy te veel wortels eet kan jou vel oranje raak.

Wyn

Die pinotage kultivar is eie aan Suid-Afrika.

Suid-Afrika produseer sowat 746 miljoen liter wyn per jaar. (2004)

Die Britse regering se amptelike wynkelder bevat wyn met ’n totale waarde van meer as R35 miljoen.

Die R62-wynroete in Suid-Afrika is die langste wynroete ter wêreld.

Trivia A | Trivia B | Trivia C | Trivia D | Trivia E | Trivia F | Trivia G | Trivia H | Trivia I | Trivia J | Trivia K | Trivia L | Trivia M | Trivia N | Trivia O | Trivia P | Trivia R | Trivia S | Trivia T | Trivia U | Trivia V | Trivia W | Trivia Y | Trivia Z

Lewer kommentaar

Leave a Reply