Kieslys

Close


*/

04 Maart
2017
Verhale
2473 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Arno die held

Arno is steeds Pa Henk en Ma Karin se eie, beste woelwater. Hy is altyd besig, en sy verbeelding werk dikwels oortyd.

Arno, Pa Henk en Ma Karin bly in die mooiste geel huisie, met blou gordyne en bloedrooi malvas op die stoep. By die hoek van die huisie is ‘n klein geel huisie waarin Pula, Arno se hond bly. Pula is Arno se beste vriend, Wanneer Ma Karin vir Arno roep om te gaan eet, kyk Arno eers of Pula nog kos het. Pa Henk sê altyd voor mens jou kos eet, moet mens dink of jou diere-vriende kos en water het, en onthou jy wil nie uit ‘n vuil glas of koppie drink nie, so was die diere se waterbakke.

Arno het deesdae ‘n nuwe maatjie, Emmerkop – wat hy self gemaak het. Hy kan ure lank met Emmerkop gesels – hulle was mos saam op ‘n ver planeet, Blikaspaai. Maak nie saak dat ander nie wil glo nie, want Pula weet – hy was mos saam.

Arno hoop net hy sien nooit weer vir Kaptein Yster nie. Hy wou sommer hê Arno moet vir Emmerkop platslaan!

Arno en Emmerkop swaai heen en weer in die skoppelmaai wat sy pa aan die boom se tak vasgemaak het. Dis ‘n baie warem dag. Sy ma het gesê dis so warm, die kraaie gaap. Heen en weer swaai die twee, Pula het eers dopgehou, maar nou is hy moeg van vorentoe en agtertoe kyk. Hy maak sy oë toe en slaap.

Arno, opgekrul in die buiteband swaai met Emmerkop op sy bors, hoor skielik weer die gesuis wat hy al voorheen gehoor het. Voor hy kan afspring van die swaai, en weghardloop, staan Kaptein Yster voor hom.

Arno se mond hang oop want Kaptein Yster buig laag voor hom. “Mensie,” “Nee, Kaptein Yster, my naam is Arno”. “Nou ja Arno, Prinses Goud het my gestuur om jou weer na Blikaspaai te neem sodat jou robot met hare (praat hy van Pula?) ons kan help. Ons groot vyande van planeet Roes stuur kort-kort ‘n lugskip met ‘n vrag vol Roesies. Hulle val ons robotte aan en vreet gate in hulle, totdat hulle nie meer kan loop nie.”

Arno het baie van Prinses Goud gehou. As sy dink hy kan help, sal hy maar moet saamgaan. Hy dink so ‘n bietjie. Hy sal maar saamgaan en kyk wat hy kan doen. Arno spring in die silwer bal met Emmerkop onder sy arm. Emmerkop is skrikkerig en klae “klik, klik tien ton” Kaptein Yster verseker hom hy sal veilig wees. Toe Pula sien Arno is in die silwer bal, spring hy vinnig in. Hy kan mos nie sy beste maat alleen laat gaan nie.

Gou land hulle op Blikaspaai. Kaptein Yster neem vir Arno na Prinses Goud. Sy roep vir Arno nader en laat hom in haar monitor kyk. Arno sien ‘n klomp robotte met roesvlekke. Hy weet wat sy pa altyd doen as iets roes, hy skuur die roes af, verf ‘n onderlaag aan en verf dan ‘n kleur waarvan hy hou.

Arno sê vir Prinses Goud hy sal eers by sy huis ‘n mandjie moet pak met goed wat sy pa altyd gebruik. Sy sê dadelik ja, maar Kaptein Yster is beslis. Arno kan die goed gaan haal, maar dan bly Emmerkop en Pula, om seker te maak dat hy terugkom.

Sê nou hulle slaan vir Emmerkop plat terwyl hy weg is. En arme Pula, hoe moet hy voel, Arno gaan gewoonlik nêrens sonder hom nie, en nou los hy hom tussen ‘n klomp robotte. Arno is so bekommerd oor Emmerkop en Pula dat hy nie eers agterkom hoe vinnig hy terug Aarde toe was nie. Hy kon darem alles in sy pa se gereedskapkas pak. Hy hoop maar Pa Henk sal nie te kwaad wees nie.

Terug op Blikaspaai sien hy dadelik dat Pula niks oorgekom het nie. Emmerkop het ‘n hele paar vlekke, wat vir hom al te veel na roes lyk. Hy bied aan om eers vir Emmerkop te behandel sodat Prinses Goud kan sien dit werk. Hy skuur versigtig Emmerkop se roes af, net soos Ma Karin altyd eers sy seerplekke skoonmaak. Daarna verf hy die rooi onderlaag aan. Omdat dit eers goed moet droog word, vra hy wie hy nog kan behandel. Prinses Goud sê dadelik vir Kaptein Yster om vorentoe te kom. Dan sien Arno die arme Kaptein loop eitlik kruppel soos die Roesies al aan sy linkerbeen gevreet het. Arno skuur baie versigtig en skrikkerig die Roesies af en verf sy onderlaag aan. Emmerkop se onderlaag is nou droog en Arno besluit om hom ‘n baie mooi blou te verf. Nou word al die robotte baie opgewonde. Dis die mooiste robot wat hule nog gesien het! Arno besluit om vir Kaptein Yster ‘n koninklike pers kleur te verf. Kaptein Yster glimlag eers en skater dan van plesier.

Al die robotte word so van die Roesies bevry. Elkeen kies sy eie kleur, behalwe pers, want dit is die kaptein se kleur. Arno is doodmoeg. Hy hoor nog die silwer bal se gesuis en sien ver onder die reënboog van robotmannetjies. Toe Pula blaf, skrik hy. Hy het vir Pula op Blikaspaai vergeet. Hy wil net huil, toe vroetel Pula met sy neus in sy nek en hoor hy Ma Karin roep om te gaan eet.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Verhale
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Verhale
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Verhale
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Verhale
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Verhale
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Die Alternatiewe Verklarende Afrikaanse Woordeboek: komplot | Roekeloos
2018-12-09 20:26:41
[…] Roekelose Woordeboek […]...
Inskrywings is oop vir LAPA se 2019 jeugromankompetisie | Roekeloos
2018-12-05 08:59:45
[…] gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vy...
Milla Jovovich naak in Purple | Roekeloos
2018-11-30 14:40:17
[…] is die tweede bekende aktrise wat vanjaar naak in ‘n Franse tydskrif verskyn. Eers w...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD