Kieslys

Close


*/

25 Januarie
2017
Verhale
550 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

In ’n vuur tuur

(deur Alexander Carte)

Die manne het al oor jare van saam jag en saam vry en skolerugby en gatte wat brand genoegsame persoonlike inligting oor mekaar vergader dat jy nie durf wegbreek van die trio en jou los mond ’n naamskendingsaak tot gevolg kan hê nie.

Steeds is net Frik de Wetter die enigste sonder ’n vrou, kind of kraai en spog dat hy moontlik sy Jack Russel sal moet leer kook of ’n vrou en kind op ’n veiling iewers sal moet koop as die bod hom toeval.

Die aand laat by die vuur tuur ons terug in die verlede en uit die bloute laat waai Frik, wat ’n oorstoot drie in beseringstyd was, ’n droë pram kleintjie, so laat in die wêreld gekom het dat hy tot en met laerskool sy boetie ge-oom het en sussie ge-anti het.

Die ewige lewensjaar agterstand het hom ’n knou gegee wat meegebring het dat dit deel van sy karakter geword het om te veg vir aandag, voor in ’n ry te staan, indruk of nie, en steeds moerig ongeskik te raak as iemand intjip as hy in ’n gesprek is.

Hy dink skielik aan Triesa, ’n girl wat Tjoppie se oë laat traan het van verliefdheid en daai veraf uitdrukking soos ’n gans wat vêr weerlig sien na sy gesig gebring het.
Naas beduie dat sy ’n hangerige agterstewe gehad het soos Verlatensdal se possak en hy dit nooit kon omarm met sy kort arms nie.
Moet eerlik wees – haar klein koppie het Frik nogals opgeval en aan ’n kakhuis-muskiet laat dink.

Tjoppie is duidelik na ’n baie lang huwelik nie lus om deel te neem aan ’n debat waarin sy nasate se gelaatstrekke bespreek word nie. Hy tuur diep en intens in die vuur en bepeins nie oor gesinsfoto’s nie.

Met ’n nuwe Red Heart trap Frik met ’n kaal voet op ’n dowwe hardekool se kooltjie wat sy regterknie by sy regteroor verby laat vlieg en en met die eina woorde van ’n brawe man, “moer tog – brand so ’n drol my nou!”, gaan maak hy hom sit op ’n ou Coke-kassie wat al ’n splinter of twee afgegee het, maar dit in die vuur gooi sal nie gebeur nie.

Tjoppie vra na ’n lang stilte hoekom Frik nie maar met die girl, wat ’n skuinskop gehad het soos ’n bok wat berg afkyk, afgehaak het nie?

Frik bly baie lank stil … “Ek het eintlik my oog op haar pa se plaas gehad.”
“En toe?” vra-lag Naas.
“Julle sallie vestanie” raak Frik moerig kwyt.
“Wat sal ons nie verstaan nie?” vra Tjoppie.
“Julle weet mos.” sê Frik – nou meer stiller as tevore.
“Weet ons wat?” lag-vra die twee soos ’n duet.
“Haar glasoog en post nasale sinus drup asem” sê Frik stil.
“Is jy nou ernstig?” duet die twee weer saam.
“Jinne my tjomme – daar’s nie ’n plaas groot genoeg wat daai glasoog kyk kan regverdig nie – en asem wat ’n muishond tranerig maak – not a moer!”
“Gaan jy single bly?” duet dit weer asof hulle dieselfde asem gebruik.

Naas se tjirperige Mientjie kon darem self ’n meat master bul binne in ’n bully beef blik intrap, maar Weigh Less en Botox en baie body putty maak haar sinlik in die nag – ’n donker-maan-nag. Dit durf ons nie aanhaal in ’n omgewing waar jaggewere rondstaan nie. Jy moet met gekheid bestraf wees om enige uitlating te maak. Vir baie jare al praat ons rondom die vuur en rondom Mientjie met die verkleinwoord. Hoekom ’n verkleinwoord weet niemand nie en die wat weet het nie die bereidwilligheid om dit op te haal nie.

“Jip-o ,ja, jip! Ek sal nie trou nie. Ek sien mos hoe diep staar julle twee getroudes in die vuur.”




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Verhale
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Verhale
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Verhale
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
15 November 2005
Verhale
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.
24 Mei 2012
Verhale
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

State Fracture | Roekeloos
2017-06-16 13:03:07
[…] span wat verantwoordelik was vir Pay Back the Curry is verantwoordelik vir State […]...
Gert vd Merwe
2017-06-08 09:28:55
JAN JACOBS. Dit is n skreiende skande. Geen mens op aarde kan in Marius Louw se voetspore volg nie, ...
Die intimiteit van ons greep | Roekeloos
2017-06-01 13:52:50
[…] Chameleon se eerste selfgeskrewe en selfgekomponeerde Afrikaanstalige album sedert 2009, j...

Advertensie