// Wenke

A

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Aanpaksels

* Vul met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.

* Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.

* Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddelik skoon.

Aartappels

* Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.

* ´n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.

* Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.

* Laat aartappels ´n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.

* Gooi ‘n eetlepel melk in ‘n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.

Afdroogdoeke

* Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ´n knippie Engelse sout by.

Afvoerpype

Om verstopte afvoerpype weer vry te laat vloei gooi jy ‘n kwart koppie koeksoda in die uitloop. Gooi ‘n halwe koppie asyn agterna en plaas die prop terug. Wag 15 minute en gooi 4 liter kookwater in. Hierdie metode kan ook gebruik word om toilette skoon te maak.

Angeliere

* Angeliere hou langer in ´n blompot as jy sout in die water gooi.

Appelkooskonfyttertjies

* Mimi het geskryf: Het iemand ´n wenk of voorstel sodat appelkooskonfyt nie sal uitloop by appelkooskonfyttertjies nie?
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker – klits goed en smeer aan rand. (Petro van der Westhuizen)

Appels

* Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.

* Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.

Deel met ander:
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • StumbleUpon
  • TwitThis
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS

Switch to our mobile site