// Wenke B


B

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Bad

Vir ‘n verfrissende bad gooi vars basiliekruid in jou badwater.

Witasyn hou die bad wit en sonder vlekke.

Badkamerteëls

* Spuit bietjie parfuum op die gloeilamp in die badkamer. Wanneer die lig aangeskakel word sal daar ‘n aangename reuk in die lug hang.

* Reni de Waal: “Smeer karpolitoer op skoon badkamerteëls om muf te verhoed.”

Balpuntpen

* Ink kan van klere verwyder word met brandspiritus, alkohol of haarsproei.

Besem

* Plaas ‘n paar stukkies wol op die hoeke van jou besem en voorkom so dat jou meubels en vloerlyste beskadig word.

Beskuitblik

* ‘n Eetlepel suiker hou die inhoud van ‘n beskuitblik vars.

Beskuitjies

* Om beskuitjies maklik te verkrummel, plaas hulle in ‘n sterk plastieksak. Druk hulle eers met ‘n rolstok stukkend en rol hulle daarna fyn.

Beursie

Indien jy gereeld reis is dit ‘n goeie idee om ‘n vals beursie te dra. Hou ‘n paar rand daarin en winkelkaarte wat verval het. Die diefstal van beursies, selfone en skootrekenaars in Europa is aan die toeneem.

Bier

* Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Blaarslaai

* Sit blaarslaai in suikerwater en dit sal weke vars bly.

* Plaas ‘n papierservet in die yskashouer saam met blaarslaai. Dit absorbeer die vog en sorg dus dat die blaarslaai langer hou.

Bleikmiddel

* Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.

Blikkieskos

* Skryf die datums op jou blikkieskos. Dan kan jy seker maak jy gebruik altyd die oues eerste.

Blikpanne

* Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Blindings

Was blindings met ’n mengsel van 250 mℓ ammoniak, 125 mℓ wit asyn, 60 mℓ koeksoda en 4 liter warm water. Spons die mengsel or die oppervlaktes en spoel af met skoon, koue water.

Bloed

* Indien jy bloed op iets gemors het gooi dadelik vleisversagmiddel daarop. Voeg genoeg koue water by om ‘n pasta te vorm. Laat dit so staan vir 30 minute en spons af met koue water. Gooi in die wasmasjien.

Blomkool

* Sit ‘n stukkie suurlemoenskil in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

Blomme vars hou

* Maak ‘n gaatjie in ‘n rou aartappel en plaas jou steggie / blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer.

* Sit ‘n bietjie koeksoda in die water by die blomme.

* Meng ‘n bietjie Jik, ‘n eetlepel suiker en ‘n eetlepel asyn. Gooi dit by die blomme se water.

* Gooi ‘n Disprin by jou blomme om dit langer vars te hou.

Borrie

* Om borrievlekke te verwyder was jy die kledingstuk onmiddelik in koue water en waspoeier. Hang in die son om droog te word, daar sal nog ‘n ligte vlek sigbaar wees. Was die kledingstuk dan weer en die vlek sal weg wees.

Brakwater

* Boraks kan gebruik word om brakwater sag te maak.

Bril

* ‘n Druppel gliserien help om jou brilglase skoon te hou. Dit help ook teen wasigheid.

Broccoli / Brokkoli

* Maak ‘n X-vormige snit in broccoli stingels voordat jy dit in die pot sit. Die stingels sal gelyk met die blommetjies gaar word.

Brood

* Plaas ‘n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.

* Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

* Hou ‘n brood langer vars deur ‘n stuk seldery saam met die brood in ‘n papiersak te bêre.

* Jy kan brood in ‘n leë skoendoos in jou mikrogolfoond bak.

* As jy ‘n brood bak en ‘n lekker bros kors bo-op wil hê, smeer die brood halfpad deur die bakproses met soutwater.

Broodkrummels

* As jy ‘n gereg maak en jy sit sonder broodkrummels, gebruik graanvlokkies. Gooi ‘n handvol in ‘n plastieksakkie en druk fyn voordat jy dit by die res van die bestanddele voeg.

Bruinsuiker

* ‘n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Bruismeel, tuisgemaak

* 250 ml koekmeelblom + 7,5 ml bakpoeier = 250 ml bruismeel

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site