Wenke B

B

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Bad

Roosblare is ook vir bad geskik. Gooi ook ‘n paar druppels rooswater of roosolie by.

Vir ‘n verfrissende bad gooi vars basiliekruid in jou badwater.

Witasyn hou die bad wit en sonder vlekke.

Badkamerteëls

Spuit bietjie parfuum op die gloeilamp in die badkamer. Wanneer die lig aangeskakel word sal daar ‘n aangename reuk in die lug hang.

Reni de Waal: “Smeer karpolitoer op skoon badkamerteëls om muf te verhoed.”

Balpuntpen

Ink kan van klere verwyder word met brandspiritus, alkohol of haarsproei.

Besem

Plaas ‘n paar stukkies wol op die hoeke van jou besem en voorkom so dat jou meubels en vloerlyste beskadig word.

Beursie

Indien jy gereeld reis is dit ‘n goeie idee om ‘n vals beursie te dra. Hou ‘n paar rand daarin en winkelkaarte wat verval het. Die diefstal van beursies, selfone en skootrekenaars in Europa is aan die toeneem.

Bier

Biervlekke kan uit ‘n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Bleikmiddel

Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.

Blindings

Was blindings met ’n mengsel van 250 mℓ ammoniak, 125 mℓ wit asyn, 60 mℓ koeksoda en 4 liter warm water. Spons die mengsel or die oppervlaktes en spoel af met skoon, koue water.

Bloed

Indien jy bloed op iets gemors het gooi dadelik vleisversagmiddel daarop. Voeg genoeg koue water by om ‘n pasta te vorm. Laat dit so staan vir 30 minute en spons af met koue water. Gooi in die wasmasjien.

Blomme vars hou

Maak ‘n gaatjie in ‘n rou aartappel en plaas jou steggie / blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer.

Sit ‘n bietjie koeksoda in die water by die blomme.

Meng ‘n bietjie Jik, ‘n eetlepel suiker en ‘n eetlepel asyn. Gooi dit by die blomme se water.

Gooi ‘n Disprin by jou blomme om dit langer vars te hou.

Borrie

Om borrievlekke te verwyder was jy die kledingstuk onmiddelik in koue water en waspoeier. Hang in die son om droog te word, daar sal nog ‘n ligte vlek sigbaar wees. Was die kledingstuk dan weer en die vlek sal weg wees.

Brakwater

Boraks kan gebruik word om brakwater sag te maak.

Bril

‘n Druppel gliserien help om jou brilglase skoon te hou. Dit help ook teen wasigheid.

Bufferplakker

Die tweedehandse motor wat jy gekoop het, het ongelukkig ‘n bufferplakker op. Spons wit asyn op die plakker tot dit papnat is. Die plakker behoort nou maklik af te kom. Toets eers die asyn vooraf op ‘n klein stukkie om te sien of dit nie die motor se verf beskadig nie.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply