Wenke K

K

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Kaggel

Om jou kaggel skoon te maak vir die winter en ou roet te verwyder, was dit met ‘n mengsel met gelyke dele asyn en water.

Kakkerlakke

Maak ‘n mengsel van gelyke hoeveelhede koeksoda en boraks en sprinkel dit in die gate en gleuwe waar die kakerlakke voorkom.

Kalkaanpaksel

Gebruik asyn om kalkaanpaksels te verwyder.

Kerse

Plaas jou kerse ´n paar uur in die yskas sodat dit langer en meer eweredig kan brand.

Kerswas

Om kerswas uit klere te verwyder, plaas ‘n stuk koerantpapier of bruinpapier aan weerskante waar die was gedrup het en stryk met ‘n warm yster. Die was sal aan die koerant agterbly.

Jy moet die kledingstuk in die vrieskas plaas
sodat die kerswas hard word. Vryf dan die kerswas uit (Dit
verbrokkel maklik). Indien daar dan nog kerswas oorbly kan dit
gestryk word tussen lae absorberende papier. Die vetkol wat oorbly
kan dan uitgewas word.

Kaggel

Gooi klam teeblare op die as voor jy die kaggel skoonmaak. Dit keer daardie wolk van stof.

Kerswas

Gebruik warm water om kerswas van glas en silwer te verwyder.

Klere

Sprinkel terpentyn op stukkies papier en sit dit in jou kas om motte uit jou klere te hou.

Sit stukkies kamfer in jou kas om motte uit jou klere te hou.

Sit lappies geweek in parafien in jou kas om motte uit jou klere te hou.

Wit klerasie wat van natuurlike vesels gemaak is vergeel makliker in die donker. Hou dit op ‘n rak in helder lig.

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.

Kolle

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Komberse

Gooi 500 mℓ witasyn by die spoelsiklus wanneer jy jou komberse was. Dit maak die komberse ekstra sag en snoesig en verwyder al die waspoeier.

Koper

Vryf koper blink met stukke suurlemoen gedoop in sout.

Om koper ornamente maklik skoon te maak voeg net een teelepel wynsteensuur by ‘n emmer water en week die ornamente daarin.

Poets koper mooi blink met sout en asyn.

Gooi’n pakkie wynsteensuur en Sunlight-skottelgoedseep in ‘n emmer met warm water. Week die koper daarin vir `n paar uur. Haal uit en vryf droog. Die oplossing dring in al die hoekies en gleufies in en laat die koper pragtig nuut lyk!

Meng:
1 liter warm water
3 eetlepels Sunlight Liquid
2 eetlepels Wynsteensuur (Tartaric Acid)
Was artikels daarin, spoel af met skoon warm water en vryf op – dit maak die ware pragtig skoon en bly lank blink.

Meng 5 ml sout met ‘n koppie asyn en roer dan meel by tot dit ‘n pasta vorm. Smeer die pasta aan die koper en laat vir 15 minute staan. Spoel af met warm water en vryf droog.

Kougom

Verwyder kougom van klere met ‘n ysblokkie.

Krane

Witasyn maak ook jou krane blink.

Kussings

Om die veerkrag weer terug te sit in kussings kan jy dit gerus een een vir ‘n paar minute in die tuimeldroër sit. Die warm lug doen wondere.

Krapmerke

Ligte krapmerke op meubels kan weggesteek word met vekryt.

Krokodil
Indien ’n krokodil jou gryp, gaan vir die oë! Slaan, skop, steek met al wat jy het. Dit is jou enigste kans dat die dier jou gaan los.

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Lewer kommentaar

Leave a Reply