// Wenke M


M

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Matte

Vir vlekke op matte wat veroorsaak is deur iets wat NIE ’n oliebasis het nie, gebruik die volgende sodra jy die eerste keer die kol sien: Meng 1 teelepel vloeibare wasmiddel en 1 teelepel witasyn met ’n halfliter warm water. Vryf die vlek liggies met die mengsel deur ’n sagte borsel of lap te gebruik. Gebruik ’n skoon handdoek wat in warm water gedoop is om die plek mee af te spoel. Herhaal tot die vlek weg is. Maak droog met ’n haardroër.

Marmervlekke

Om vlekke uit marmer te haal strooi jy fyn boraks op. Was na ´n paar minute dit af met warm water.

Matte

Stop ‘n skoon vloerlap in ‘n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee.

Verwyder kolle op ´n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.

Gebruik koeksoda en sodawater om kolle uit matte te verwyder. Gooi ‘n paar lepels koeksoda op die kol, vryf dit in en gooi dan sodawater op. Vryf dit terwyl die sodawater borrel.

Merke

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Meubels

Waterringe van nat glase op houtmeubels kan verwyder word met ’n mengsel van gelyke dele wit asyn en olyfolie. Vryf saam met die grein van die hout.

Duikies in meubels kan uitgestoom word met ‘n strykdoek en stoomstrykyster.

Voeg ‘n paar druppels vanilla-ekstrak by jou meubelpolitoer, dit sal die goggas weghou van jou meubels.

Meubelpolitoer

Maak jou eie meubelpolitoer deur suurlemoenolie en wit asyn om die helfte te meng. Wend aan met ‘n spuitbottel.

Gebruik byewas gemeng met terpantyn om jou meubels mee blink te vryf.

Motorolie

Peet Cloete: “Om motorolie, diesel, parafien of ghriesvlekke of -kolle (enige oliekolle of vetkolle) sonder veel moeite uit kledingstukke te kry, week die kolle / merke / vlekke in gewone Detol vir so ‘n halfuur en was daarna met die hand en sunlight seep – kos nie eens baie vryf nie. Die laat jou wit klere mooi wit en gekleurde items se kleure sal nie verdof of uitbleik nie. Dit beskadig ook nie die materiaal nie en jou klere ruik daarna ook vars en skoon. Dit werk, glo my.”

Motte

Motte haat die reuk van drukkersink. Draai jou wolgoed in koerantpapier toe voordat jy dit vir die somer wegpak.

Motte hou nie van sederhout-blokkies nie. Dis waarom Salomo so baie sederhout in die tempel gebruik het, want die voorhangsel was van suiwer wol. Sulke blokkies is in supermarkte te koop. As die geur verslaan het na ‘n tyd, skuur dit liggies met sandpapier om die geur te laat deurkom.

Muf
Dit raak nou weer kouer en jy gaan een van die dae jou gunsteling woltruie uitpak. Die probleem is dat ‘n paar van hulle muf ruik. Die oplossing is vodka. Gooi vodka in ‘n bottel wat ‘n fyn sproei maak en gebruik dit op jou truie. Die vodka maak die bakterieë dood sonder om ‘n swaar reuk te los. Hang die truie op om goed droog te word.

Mure

Was geverfde mure met ’n mengsel van 250 mℓ ammoniak, 125 mℓ wit asyn, 60 mℓ koeksoda en 4 liter warm water. Spons die mengsel or die oppervlaktes en spoel af met skoon, koue water.

Muskiete

Gooi vyf druppels vanilla-ekstrak in ‘n halwe koppie water en smeer oor jou hele lyf. Muskiete hou nie van vanilla nie. Dit is ook veilig om te gebruik vir babas en kinders.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site