S
Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W
Sand
Vat babapoeier saam as jy see toe gaan. Dit maak dit maklik om die sand na die tyd van jou vel te verwyder.
Seep
Bêre jou ongebruikte koekies seep in jou klerekas. Dit hou die vismotte uit en ruik lekker.
Selfoon
Jy is ‘n hotel / gastehuis, maar het jou selfoon se laaier by die huis vergeet. Prop jou foon in by die TV se USB-poort. Meeste nuwe TV’s kan jou foon laai.
Ook nie ‘n kabel nie? Vra by ontvangs vir ‘n kabel (of selfs ‘n laaier) – hulle het soms ‘n hele versameling. Mense vergeet gereeld kabels en laaiers in hotelle.
Selfverdediging
‘n Groot persentasie vroue word aangerand terwyl hulle probeer help! “Hulpelose” misdadigers maak daarop staat en lok hul prooi op dié manier! Moenie gevang word nie!
♦♦♦
Indien jy bedreig voel deur ‘n motor wat jou nader, skree en hardloop in die teenoorgestelde rigting as wat die motor beweeg.
♦♦♦
Sorg dat jou voertuig altyd in ‘n goeie toestand is. Indien dit breek, sluit onmiddelik die deure en
skakel vir hulp.
♦♦♦
Moet nooit stop by iemand wat lyk of hul ‘n
beseerde troeteldier langs die pad behandel nie – dis ‘n slenter wat
kapers gebruik om jou te kry om te stop!
♦♦♦
As jy ooit in die kattebak van ‘n kar gedwing
word – skop of pluk die agterlig uit en steek jou arm
daardeur. Die passasiers sal jou nie sien nie maar ander mense wel!
♦♦♦
Kyk wat gaan binne jou kar aan voor jy inklim, agter die
sitplek en op die vloer aan die passasierskant.
♦♦♦
As jy langs ‘n paneelwa of kombi geparkeer
is, klim van die passasierskant af in.
♦♦♦
Dames is geneig om nadat hulle in die kar
geklim het eers allerhande goed te doen soos om na strokies te kyk
of handsakke reg te pak. Moenie dit doen nie! Sluit die
deure en ry!
♦♦♦
As jy alleen in die hysbak is en iemand
verdags klim in – gaan liewers uit en wag vir die volgende hysbak.
♦♦♦
Staan naby die deur van ‘n hysbak – vermy
die agterste hoeke.
♦♦♦
Gebruik liewers ‘n hysbak as trappe indien jy alleen is!
♦♦♦
Wanneer ‘n aanvaller ‘n wapen het en jy is
nog nie onder sy beheer nie – hardloop!
Die polisie skiet slegs 40% raak as ‘n teiken 2 m van hulle af is as gevolg van
stres. Die kanse dat ‘n misdadiger jou gaan raakskiet terwyl
jy hardloop is maar 4%!
♦♦♦
Die elmboog is die sterkste punt in die
liggaam. Indien jy aangeval word – gebruik dit!
♦♦♦
Indien jy buite aangeval word is jou laaste hoop is om onder ‘n motor te
kom. Daar is baie om aan vas te hou.
♦♦♦
Indien jy buite aangeval word kry ‘n hindernis soos ‘n geparkeerde motor
en hardloop al om dit terwyl jy skree!
♦♦♦
Indien jy agtervolg word skree
"Brand" en nie "Help" nie. Mense wil nie
betrokke raak nie maar almal is nuuskierig!
♦♦♦
Die oë is die kwesbaarste deel van die
liggaam. Steek jou vinger daar in – ongenadiglik!
♦♦♦
Die nek is kwesbaar mits jy die krag het om
dit so toe te druk dat jy ‘n aanvaller se asemhaling kan afsny.
♦♦♦
‘n Mens se knië is baie sensitief.
Skop jou aanvaller op sy knieg.
♦♦♦
Moet nooit ophou weerstand bied teen ‘n aanvaller nie!
Byt skop skree en hardloop! Sorg net dat jy nie by die plek
uitkom wat hy gekies het nie!
♦♦♦
Indien ‘n kaper met jou in die motor wegjaag, wag vir die regte tyd en
steek jou vingers in sy oë. Spring uit en hardloop!
♦♦♦
Moenie alleen in die nag op afgeleë plekke
ry nie.
♦♦♦
Silwer
2 liter kookwater en 2 eetlepels wassoda – let wel nie
Byt/Seepsoda (Caustic soda) nie! Sit opgefrommelde aluminium foelie
daarin was silwer artikels daarin, vryf op, dit maak die artikels mooi
skoon en bly lank blink.
Skanier
Spuit insek-doder op skaniere wat raas.
♦♦♦
Smeer seep aan skaniere wat kraak.
Sker
Maak ‘n stomp sker skerp deur ‘n paar hale deur skuurpapier te knip.
Skoen
Jy kan soutvlekke op leerskoene verwyder met gelyke dele asyn en water. Werk versigtig en toets dit eers op ‘n klein area. Doop ‘n lap in die asynmengsel en druk op die soutvlekke.
♦♦♦
Indien jou skoen druk week jy ´n spons in warm water en hou dit vir ´n paar minute op die plek. Trek dan die skoen uit en vryf dit aan die binnekant op die plek met ‘n ou tandeborsel of iets anders met ‘n stomp punt.
Skoenpolitoer
‘n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het maak dit weer sag.
♦♦♦
Gebruik die binnekant van ‘n piesangskil om skoene te politoer.
Skoonmaakmiddels
Kry ‘n veilige plek om skoonmaakmiddels te stoor wat buite die bereik van kinders of troeteldiere
is. Plaas dit dadelik terug in die stoorplek na gebruik.
♦♦♦
Skeur die buiteblad van ‘n ou telefoonboek af en hou die boek in die kombuis. Skeur blaaie af en gebruik om vuil borde uit te vee of vetterigheid te verwyder voor dit in die opwasbak of skottelgoedwasmasjien
geplaas word.
♦♦♦
‘n Goedkoop en effektiewe skoonmaakmiddel kan gemaak word met ‘n koppie koeksoda en net genoeg opwasmiddel om ‘n pasta te vorm.
Skottelgoed
Jou skottelgoedopwasmiddel kan veel langer hou en jou boonop ‘n paar rand spaar. Gebruik ‘n ou glashouer, van omtrent 1 liter, en gooi vier teelepels bakpoeier in. Maak die houer stadig vol met warm water terwyl jy terselfdertyd twee teelepels opwasmiddel byvoeg. Mens gebruik so 100 ml van die mengsel, elke keer as jy skottelgoed was.
Skroef
‘n Geroeste skroef kan uitgedraai wors deur ‘n stuk yster rooiwarm te maak en dit op die kop van die skroef te hou net voor jy dit probeer uitdraai.
Skroei
Indien jy per ongeluk jou klere skroei, vryf dit met wit asyn en probeer dit dan afvee met ‘n skoon lap.
Skuur
As jy baie skuurwerk met skuurwol moet doen, gebruik ‘n skukkie spons om die wol mee vas te hou. Jy het ‘n beter greep op die straalwol en jou vingers sal dit nie so erg ontgeld nie.
Spieëls
Maak ‘n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.
Spinnerakke
Om ontslae te raak van spinnerakke
los stukkies seep op die plekke waar dit altyd
verskyn.
Spykers
Spykers wat jy in ‘n muur wil inslaan moet liefs van gegote yster wees. Maak die spykers rooiwarm en gooi hulle dan in lynolie. Dit maak die spykers roesbestand en voorkom dat die pleister uitruk as jy die spyker wil uittrek.
Staalwol
Staalwol hou langer indien dit in ‘n plastieksak in die vrieskas gehou word.
Statiese elektrisiteit
As statiese elektrisiteit opbou in jou klere, veral as jy sykouse dra, raak daarvan ontslae deur ‘n klein doekspeld aan die binnekant van jou klere vas te steek.
Stoffering
Om jou motor se stoffering skoon te maak meng jy gerasperde seep, boraks en kookwater in ‘n bak tot dit skuim en die seep ontbind (gooi laventelolie by as jy dit wil laat lekker ruik). Skrop die stoffering daarmee.
Stofsuier
Plaas ‘n handvol kruie in jou stofsuier se sak. Die geur versprei deur jou huis soos jy stofsuig.
♦♦♦
Plaas ‘n sykous met ‘n rekkie oor ‘n stofsuier se kop om klein items om die vloer te vind.
♦♦♦
Kry items onder ‘n yskas uit deur die rolle te gebruik waarop plastiek of foelie gerol is. Sit dit vooraan ‘n stofsuier en suig dit uit. Die rol se voorkant kan platgedruk word om onder die yskas te pas.
Stortgordyn
Om ‘n stortgordyn te was gebruik jy warm water en sorg dat daar twee handdoeke saam met die gordyn in die wasmasjien is. Gebruik ‘n halwe koppie waspoeier en ‘n halwe koppie koeksoda. Tydens die spoelsiklus voeg jy ‘n koppie wit asyn by. Moet nie spin nie en hang dit dadelik terug na die was.
♦♦♦
Om te verhoed dat skimmel op jou stortgordyne saampak moet jy dit in soutwater week voor jy dit die eerste keer ophang.
♦♦♦
Vee jou stortdeure nou en dan af met ‘n spons wat in witasyn geweek is. Dit hou die deure seepvry.
Stortkop
Maak stortkoppe skoon deur dit oornag in witasyn te week. Indien jy nie die kop kan afkry nie kan jy probeer om ‘n absorberende doek in die asyn te druk en dit om die kop te bind.
Strykyster
Stryk oor sout om die vlekke van ‘n strykyster te verwyder.
♦♦♦
Gooi gelyke hoeveelhede witasyn en water in jou stoomstrykyster om dit skoon te maak. Los die yster aan vir 5 minute terwyl dit regop staan. Skakel dit dan af en laat afkoel. Gooi die water en asyn uit.
Swaardlelie
Gooi 5 teelepels asyn by swaardlelies se water om hulle langer te laat hou.
Swamme
Hou die swamme uit jou stort deur die teëls een maal per week met Dettol te was.
Swart klere
Draai swart kledingstukke om as jy dit op die wasgoeddraad hang. Dit verhoed dat dit so baie donsies en stof optel.
Sweet
Dit is nie nodig om moedeloos te raak oor perspirasievlekke op kledingstukke nie. Gebruik sommer die wasbak en week die kledingstuk in vuur warm water en ´n koppie wit asyn. Gebruik ´n houtlepel om dit nou en dan om te roer. Week dit vir 1 uur en was dan soos gewoonlik.
♦♦♦
´n Alternatief is om bloot ´n koppie asyn by die spoelsiklus van jou wasgoed te gooi. Dit moet egter net by koue water gevoeg word. Asyn is ook ´n goedkoop alternatief vir ´n versagmiddel.
♦♦♦
Nog raad vir vlekke op klere is om ´n pasta met bakpoeier en water te maak en dit op die vlek te los vir 1 uur. Was dan soos gewoonlik.
♦♦♦
Probeer so van hardnekkige sweetvlekke ontslae raak op wit kledingstukke: Meng een deel water met vier dele waspoeier en smeer dit aan die plekke (aan die binnekant van die klere). Laat dit vir een uur staan en borsel dan liggies. Spoel die kledingstuk skoon met koue water. Week dit dan oornag in koue water gemeng met vier eetlepels waspoeier. Was dan soos normaalweg.
♦♦♦
Hardnekkige sweetvlekke op wit klere kan ook met aspirien verwyder word. Los twee aspirientablette op in warm water en weet die vlek daarin vir ‘n paar uur. Was dan soos normaal.
♦♦♦
Maak ‘n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag om sweetmerke te verwyder.
Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W