// Wenke T


T

Wenke A | Wenke B | Wenke C | Wenke D | Wenke E | Wenke F | Wenke G | Wenke H | Wenke I | Wenke J | Wenke K | Wenke L | Wenke M | Wenke N | Wenke O | Wenke P | Wenke R | Wenke S | Wenke T | Wenke V | Wenke W

Tafeldoek

‘n Bietjie gliserien in die water verhoed dat ‘n plastiektafeldoek verhard wanneer jy dit was.

Teevlekke

Maak ‘n mengsel van gliserien en die geel van ‘n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue

water.

Toilet

Toiletbakke kan silwerskoon gemaak word deur verslane Coke of Pepsi te gebruik. Laat dit vir ‘n ruk staan en spoel uit.

Maak ‘n pasta van boraks en suurlemoensap, spoel die toilet en smeer die pasta aan vlekke in die toilet.
Laat dit vir 2 ure so staan en skrop dan.

Om verstopte afvoerpype weer vry te laat vloei gooi jy ‘n kwart koppie koeksoda in die uitloop. Gooi ‘n halwe koppie asyn agterna en plaas die prop terug. Wag 15 minute en gooi 4 liter kookwater in. Hierdie metode kan ook gebruik word om verstopte pype skoon te maak.

Probeer skottelgoedwasmiddel en kookwater om ‘n verstopte toilet oop te maak.

Tupperware

Smeer jou taai of gevlekte Tupperware met ‘n pasta van koeksoda en laat dit oornag staan.

Voorkom vlekke en klewerigheid deur die houers dadelik af te spoel nadat jy dit gewas het.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site