Onderhoud met Johannes Kerkorrel

deur Haydee Hollander Johannes Kerkorrel se laaste (gepubliseerde) album voor sy tragiese dood op 12 November 2002 was Die Ander Kant en hierin lê twee bitter ironieë. Die sanger wat gebrandmerk was as ‘n sell-out en ‘n politieke opportunis wou aanhangers sy sagter, poëtiese sy wys, die kant wat ‘n kunstenaar nodig het om die […]

Johannes Kerkorrel

Terwyl hy nog as ‘n joernalis gewerk het, het Johannes Kerkorrel in 1986 vir die eerste keer die verhoog betree. Hy het ‘n uiters satiriese politieke kabaret saam met die skrywer Elmarie Kitshoff en die sangeres Lieze Stassen by die Green Room in Kaapstad aangebied.