Dit is al weer byna tyd vir Suid-Afrikaners om hul sensusvorms in te vul.
Daar is ´n e-pos wat die rondte doen wat ´n beroep doen op Star Wars-aanhangers en ander om by die godsdiens-vraag, wat ´n opsionele vraag is, Jedi in te vul en sodoende die vraagopstellers te irriteer. Indien daar 10 000 Jedi’s is moet dit glo amptelik geregistreer word as ´n godsdiens.
Onthou dat indien jy as ´n Jedi geregistreer word jy natuurlik ´n Jedi Knight is.
