DA-leier Helen Zille het Vrydag meer besonderhede bekendgemaak oor Eskom se leningsaansoek by die Wêreldbank.
Eskom wil $3,5 miljard leen vir werk aan die Medupi-kragstasie. Die tender vir die werk is toegestaan aan Hitachi Power Africa. Die beleggingsmaatskappy Chancellor House besit 25% van Hitachi Power Africa. Die maatskappy se aandeel in die transaksie sal R5,8 miljard beloop. R1 miljard daarvan sal wins wees. Chancellor House is die ANC se beleggingsmaatskappy.
