Daar’s perde in Europa

Die Switserse maatskappy Nestlé het die jongste handelaar geword wat deur Europa se perdevleis-skandaal getref is.

Die maatskappy het pastadisse verwyder van supermarkrakke in Italië en Spanje, nadat daar bevind is dat dit perd bevat.

Nestlé gaan ook ‘n vleisproduk wat in Frankryk vervaardig word onttrek. Perdevleis word in Frankryk in supermarkte verkoop. ‘n Franse maatskappy word ook daarvan verdink dat hulle met opset perdevleis as bees verkoop het. Daar word vermoed dat sowat 750 ton perdevleis is so verkoop die afgelope ses maande.

Die Franse beskuldig middelmanne vir die probleme, maar dit verduidelik nie hoekom hulle sou dink die vleis van perdeslaghuise in Roemenië waarmee hulle reeds jare sake doen is skielik bees en nie perd nie.

Dit volg nadat daar perdevleis in burgers van die internasionale groep Tesco gekry is op rakke in Ierland en Brittanje. Daar is reeds 12 Europese lande wat aangedui het dat hulle perdevleis gevind het wat verkeerd geëtiketteer is.

Mans besig om 'n perd te slag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die foto is geneem teen die einde van die Slag van Berlyn in Manfred-von-Richthofen-Straße, Tempelhof, in Mei, 1945.
Mans besig om ‘n perd te slag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die foto is geneem teen die einde van die Slag van Berlyn in Manfred-von-Richthofen-Straße, Tempelhof, in Mei, 1945.

Lewer kommentaar

Leave a Reply