Dave se stories

Lanklaas het een nuusbrokkie soveel keer van gedaante verwissel soos die rondom Dave Patterson, die eerste Suid-Afrikaanse wênner op Who Wants To Be A Millionaire, toe hy onlangs in sy Johannesburgse hotelkamer bewusteloos gevind is.

Die eerste klomp stories het daarop gedui dat Dave moontlik ´n oordosis drank en dwelms kon neem. Eerste stories uit die hospitaal is dat hartprobleme Dave sy bewussyn laat verloor het. Die beste vriendin daag op en die storie verander na ´n sameswering deur persone wat dan nou sy drankie sou dokter in die hotel se kroeg. Vir ons is dit egter nog onduidelik waar die leë Whiskey-bottel langs sy bed en ´n klomp los tablette daarby in die prentjie pas.

Lewer kommentaar

Leave a Reply