(Vir meer oor Timboektoe en die area se geskiedenis klik op die skakel))

Die Legende van Timbaktoe (Timbuktu / Tombouctou) het moontlik sy ontstaan gehad toe die keiser van Mali sy pelgrimstog na Mekka onderneem het via Kairo in 1324. Die Egiptenare was vreeslik beïndruk met die hoeveelheid goud in die keiser se besit. Ander reisigers se verhale en die vele onsuksesvolle Westerse ekspedisies het die stories van Timbuktu se rykdom net verder aangeblaas. Vandag nog word die stad se naam nog in vele tale gebruik om te verwys na ‘n veraf geleë plek.

Timbuktu is vandag ‘n Wêreld Erfenisgebied. Die historiese stad lê op die rand van die Sahara, noord van die Niger-rivier in die noorde van Mali. Timbuktu is deur die Tuareg-stam as handelspos gevestig in die 11de eeu. Vanaf 1468 tot 1591 het die stad onder beheer van die Songhai ontwikkel tot ‘n belangrike intellektuele, kultuur en kommersiële sentrum.

Op 25 Mei 2006 pak twee Toyota Fortuners en twee Land Cruisers met nege Suid-Afrikaners die dertien lande en 15 000 km van Afrika se Weskus in die 2006 Timbuktu-Table Mountain Expedition vanaf Dakar na Kaapstad.

Die 2006 Timbuktu-Table Mountain Expedition word verfilm vir ‘n televisiereeks op TV3 van ag episodes, aangebied deur die TV-persoonlikheid Saami Sabiti. Die reeks begin September 2006.

Tussen Timbuktu en Tafelberg sal die Toyota-spanne besoek aflê by verskeie van Afrika se besienswaardighede, insluitende die Sahara en die ekwatoriale reënwoude. Die Toyotas gaan dus blootgestel word aan skouspelagtige kontraste in weersomstandighede, die Harmattan-woestynwinde wat miljoene tonne sand jaarliks verskuif en Berg Kameroen se onophoudelik reën wat dit die tweede natste plek op aarde maak.

Timbuktu is beslis een van die hoogtepunte van die reis. Die stad is een groot restourasieprojek wat die ondersteuning geniet van belangrike persone soos Suid-Afrika se president Thabo Mbeki. President Mbeki se Suid-Afrika Mali Projek fokus op die bewaring en openbare tentoonstelling van eeu oue Afrika en Arabiese geskrifte. Plaaslike inwoners word opgelei oor hoe om hierdie perkamentrolle te bewaar en te befonds.

Die lande op die roete van die 2006 Timbuktu-Table Mountain Expedition is Senegal, Mali, Burkina Faso, Niger, Nigerië, Tsjad, Kameroen, Gaboen, Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo (Kongo), Angola, Namibië en Suid-Afrika.

Die borge vir hierdie ekspedisie is 4×4 MegaWorld, African Outback Products, Pertec International, Garmin, African Stuff, Datashuttle en die hoofborg Toyota Suid-Afrika.

(Timbaktoe, Timboektoe)

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Hoekom kan ek nie die sinne copy & paste nie nou moet ek moet ek my tyd mors en alles neer skryf en oor tik !!!!!

    1. Ja-nee. Dat hulle jou nou nie eens wil help plagiaat pleeg nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply