Op die foto lê ’n onbekende slagoffer van die Titanic. Die persoon word gebalsem op die dek van die Mackay-Bennett, een van vier skepe was wat deur die White Star Line gehuur is om liggame bymekaar te maak. Die skip en sy bemanning het die meeste liggame gevind en gou al hulle balsem opgebruik.

Die Mackay-Bennett het slagoffers gaan soek met 100 kiste, 100 ton ys en 12 ton ysterstawe aan boord. Die ysterstawe is gebruik om liggame wat erg ontbind was op see te begrawe. Die res moes  gebalsem word. Weens die tekort aan balsem is heelwat derdeklas passasiers en bemanning ter see begrawe.

Wanneer dit moontlik was om ’n slagoffer te identifiseer, is die eersteklas passasiers in kiste geplaas, terwyl die van tweede- en derdeklas in seil toegedraai is. Bemanningslede van die Titanic is net so op ys in die skeepsruim geplaas.

Ongeveer 1 500 mense is dood in dié skeepsramp, 333 liggame is gevind.

Lewer kommentaar

Leave a Reply