Die Graaf van Orkney was ’n Noorse heerser van die eilande Orkney en Shetland in die jaar 892. Die grootste doring in sy vlees was ’n Skotse edelman met die naam van Máel Brigte.

Die geskiedenis van Orkney en Shetland is vervat in die Orkneyinga Saga. Hierin vind jy die storie van die laaste dae van Brigte en die eerste graaf van Orkney.

Sigurd het Máel Brigte uitgedaag tot ’n 40 man-aan-‘n-kant geveg tot die dood. Die onderduimse Sigurd het egter met 80 man opgedaag. Máel Brigte is verslaan en onthoof. Sigurd het Brigte se kop aan sy perd se saal vasgemaak en rondgedra as ’n trofee. Die kop se tande het teen Sigurd se been geskuur terwyl hy gery het. Dit het ’n infeksie veroorsaak wat uiteindelik gelei het tot Sigurd se dood.

Brigte is nie verniet Máel Brigte Perdetand en soms Máel Brigte Slagtand genoem nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply