Die dood van Francisco d’Almeida was moontlik ’n belangrike keerpunt in die geskiedenis van suidelike Afrika.

D’Almeida was op pad terug vanaf Indië toe hy by Tafelbaai land in Februarie 1510 om drie van sy skepe se watervoorraad aan te vul en vee te ruil met die plaaslike Khoi-Khoi. Tafelbaai was toe nog bekend onder die Portugese naam, Baai van Saldanha. D’Almeida was Indië se eerste Portugese onderkoning nadat Vasco da Gama die seeweg soontoe om Afrika gekarteer het.

In Tafelbaai raak manskappe van D’Almeida in ’n onenigheid betrokke met die plaaslike inwoners. Hy gee toestemming dat hulle mag terugkeer en hulle roof ’n beestrop van die plaaslike Khoi-stam. D’Almeida wag hulle in naby die strand. Die Khoi-Khoi loods ’n aanval op die Portugese waarin D’Almeida en sowat 60 van sy manskappe sterf. Dit staan vandag bekend as die Slag van Soutrivier. D’Almeida se liggaam is naby die strand begrawe.

Slag van Soutrivier

Die Slag van Soutrivier word vandag beskou as die eerste militêre slag tussen Europeërs en inheemse mense in wat later Suid-Afrika sou word. Hierna beskou Portugal die kus van Suid-Afrika as gevaarlik en vermy dit op hul handelstogte.

Francisco d’Almeida

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Dit is so, so interessant! En ek is seker min mense weet hiervan. Veral omdat dit nie in die skoolgeskiedenisboeke ingeskryf is nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply to Adinda Vermaak Cancel reply