George Plantagenet (1449 – 1478), eerste hertog van Clarence, het ’n belangrike rol gespeel in die bekende Wars of the Roses.  George het ongelukkig verkeerde kant gekies. Hy is verdrink in ’n vat Malmsey-wyn. Dit was glo sy keuse van wyn toe hy aanvaar sy dood is voorhande.

Die Wars of the Roses was ’n reeks Engelse burgeroorloë vir die beheer van die troon van Engeland, gevoer tussen aanhangers van twee mededingende takke van die koninklike Huis van Plantagenet: die Huis van Lancaster, verteenwoordig deur ’n rooi roos, en die Huis van York , voorgestel deur ’n wit roos.

Lewer kommentaar

Leave a Reply