Die Inkas was die inwoners van Peru met ’n merkwaardige geskiedenis. Die Inka-ryk is deur die Spanjaarde vernietig in die 16de eeu. Die laaste Inka-opperhoof, Atahualpa is in 1553 deur hulle vermoor. Die Spanjaard Francisco Pizarro het die Inka-ryk met slegs 200 soldate binnegeval. Die Inkas het nog nooit die perde gesien waarop die Spanjaarde gery het nie.

Die Inkas se grootste stede was Cuzco, die hoofstad, en Machu Picchu. Die indrukwekkende bouvalle van Machu Picchu (wat beteken “ou piek”) bevat goed bewaarde oorblyfsels van huise, tempels en openbare geboue uit die bloeityd van die Inkabeskawing.

Machu Picchu was waarskynlik nie ’n gewone stad was nie, maar hoofsaaklik ’n wegbreekplek vir die Inka edellui. Die stad het ’n groot paleis en tempel wat opgedra is aan Inka gode rondom ’n binnehof, met ander geboue vir werkers. Die Inkas was sonaanbidders.

Daar word beraam dat daar nie meer as 750 mense op ’n keer in Machu Picchu kon woon nie en dat daar waarskynlik ’n baie kleiner aantal mense tydens die reënseisoen daar gewoon het as die edellui nie daar vertoef het nie.

Machu Picchu is vandag ’n Wêrelderfenisgebied.

Lewer kommentaar

Leave a Reply