Katte

Help
Ek het ‘n mannetjieskat van nou so 8mnde oud. Ek het hom laat reg maak. Maar hy het nou besluit dat my seun se skool tas die ideale plek is vir hom om sy oggend blaas leeg te maak. Ek het die tas gewas en dit het vir so ‘n maand gestop en nou weer begin, en dit is net op die tas. Help, is daar iemand wat my enige raad kan gee sodat hy dit afleer?
– Michelle Botha

Cindy skryf: Eerstens moet jy dit nie met ‘n middel was wat amoniak bevat nie. Hy mag dalk dink dit word net weer gemerk.
Dit kan wees dat hy vir jou seuntjie probeer wys hy is vies omdat hy die huis bedags verlaat en dan kom hy boonop terug met die sak vol vreemde reuke. Hy gaan waarskynlik ophou wanneer hy gewoond begin raak dat jou seun elke dag die huis verlaat. Tot dan kan jy jou seuntjie vra om baie aandag aan hom te gee wanneer hy by die huis kom en vir ‘n tyd lank sy tas weg te steek vir kiets.

Help
Ek wil net raad hê oor my kat hy is nou 7 maande oud en so ‘n maand terug het sy hare op sy kop bo die ore begin uitval. Hy hou aan met krap dit is nou al sere en reg om sy nek. Ek het al goed gekry by veearts maar dit help nie hy bly dit stukkend krap.
– Riekie Paterson

Cindy skryf: “Dit kan verskeie dinge wees. My vearts sê katte kan ‘n allergie ontwikkel vir hulle kos al eet hulle dit vir ‘n lang tyd. Die sondebokke is veral enige mielies en soja. Lees op die pakkie vir die bestandele. Probeer dus sy dieet verander, maar dit kan tot twee maande neem voor jy ‘n verandering sal sien. Jy kan ook een of twee druppels visolie by sy dieet voeg. Dit is altyd goed vir ‘n gesonde vel.
My een kat se hare het ook so begin uitval en hy het homself gelek en gekrap. Dit was toe uiteindelik stres van dat hy skielik sy kos op ‘n ander plek in die huis begin kry het. Hare wat uitval weens stres is baie algemeen.
Is hy ontwurm, dit is ook soms ‘n oorsaak en in uitsonderlike gevalle kan dit hormone wees, maar ek twyfel sterk in jou geval. Die beste raai, dink ek, is ‘n allergie in die omgewing of iets wat hy eet of selfs die bak waaruit hy koskry.”

Help
Baie dankie vir die plasing van die foto’s en antwoord op my navraag. Ek skryf aan jou omdat ek nie al die inligting in die eerste skrywe deur gegee het nie. Miskien kan jy my nou help!?
Ek besef ek sal vir die probleem ‘n oplossing moet soek aangesien ek ‘n Gastehuis besit en gaste nie altyd Baie vriendelik teenoor diere is nie. Tot dusver het ek nog nie sulke mense hier gehad nie, maar ek kan ook nie bekostig om klagtes te kry van gaste nie. Ek moet egter net noem, die gastehuis bestaan al lank en alhoewel Mattewis aan die begin, toe hy nog jonk was, nie Baie van vreemdes gehou het nie, glo ek hy het vrede gemaak daarmee. As gaste opdaag dan gaan groet hy, maar word net nie in daardie areas waar gaste tuis gaan toegelaat nie. Hy is wel baie nuuskierig en dit het hom al in die sop laat beland.
Nee jong, ons het hom nie in die kombuis of ander plekke begin voer nie. Hy eet en drink net op die een plek in die huis. (Oor dieselfde rede as hierbo). Hy was nog altyd ‘n “praterige” kat en ons geniet dit. Ons loop heeldag met hom en gesels en hy kom lê op ons skoot. Hy kry baie aandag en liefde. My kleindogter woon die afgelope 3 jaar by my en sy en Mattewis is ook groot maats. Soms sal hy op een plek sit en saggies “roep” sodat hy opgetel en gedra kan word en Dan ander kere sal hy skree of iemand hom vermoor. Hy hou ook daarvan om op die skouer te ry as jy met hom in die tuin of huis rondloop.
Ons het nie aangebou nie, die plek is reeds so groot. Al verandering wat gemaak was, is toe my kleindogter by my kom woon het, maar die streke van hom het net in die laaste paar maande begin voorkom. Dit is kompleet of ek nou weer met ‘n moedswillige stout kind te doen het. Kan dit wees dat hy te veel aandag kry? Dink jy die gastehuis en kom en gaan van gereelde vreemdelinge kan iets hiermee te doen hê? nou dat hy ouer word? Hy was Januarie by die veearts vir sy jaarlikse inentings en sy kon niks verkeerd kry met hom nie. Hy is nie oorgewig nie, hy het baie speelgoed en krappale, dieeet het nie verander nie…. ek is nou raadop. Help my katte kind asseblief!
– Susan van Rensburg

Cindy: Ja, ek kan net dink hoe ‘n gastehuis iewers vir Mattewis kan omkrap. Dit kan net ‘n ou klein dingetjie wees wat sy roetine versteur en hom dan knorrig maak, selfs stout. Katte is boonop mos maar nuuskierig en van nature dink hulle mos hulle moet orals toegelaat word. As Mattewis kon praat sou hy dit vir jou duidelik gemaak het wie se gastehuis dit nou eintlik is.
Dit gaan moeilik wees om uit te vind wat hom laat skree, maar jy is die enigste een wat dit sal kan uitvind deur hom op sy daaglikse roetine te volg. Ek het al baie katte gesien wat ‘n keel kan opsit indien hulle nie hul sin kry nie. Dan is dit maar iets wat deel geraak het van hul persoonlikheid.
Wys duidelik jou afkeur vir swak gedrag en vergoed vir goeie gedrag. Dit is al wat ek nou aan kan dink.

Help
Enige raad asb? My 1 jarige gemmer kat is dol daaroor om te jag. Sy het paar huise van my af ontdek dat daar hase in die erf is. Sy is al twee keer geskiet. Hoe gaan ek haar leerom nie rond te loop nie? Sy is gesteriliseer op 7 maande. Wat kan ek doen met die vermoede dat dit dalk die haaseienaar is wat my kat skiet? Ek wag op die hospitaal se oproep om te hoor of sy haar ogie gaan verloor agv patroon wat haar brein net gemis het.
– Charmagne de Beer

Cindy: “Daardie persoon wat die kat skiet moet beslis by die polisie aangegee word. Skakel jou plaaslike DBV indien jy raad daarmee soek. Dalk kan hulle die man kontak en net waarsku solank.
Baie katte hou daarvan om rond te loop. Een manier wat jy haar by die huis kan probeer hou is om vir haar van tyd tot tyd nuwe speelgoed te koop. ‘n Laaste uitweg kan wees om haar te volg en indien sy aan daardie kant van die huis is haar met ‘n fyn sproei water te spuit in die rigting van haar gesig. Sy gaan vies wees, maar kan die boodskap dalk kry na ‘n paar keer.”

Help
My kat Mattewis, 8 jaar oud, opregte Siamees wat die hele huis op horings het omdat hy homself tuis maak op die onmoontlikste plekke – self Bo op die tafel as ons eet en gaste onthaal, die Buffet bedien area, tafels en ander “onmoontlike” plekke waar hy nooit gelê het nie. Hy meeu as ons hom afhaal en sal herhaaldelik weer probeer om dit te doen al keer ons hom. Hy was nooit geleer om kos aan tafel te “bedel” nie, en was op ‘n tyd selfs bang vir vreemdes wat kom kuier, nou is dit net die teenoorgestelde. Kan iemand vir my sê hoekom my kat dit doen en hoekom hy van “persoonlikheid” verander het. Hy was nooit meeu-erig nie, nou skree hy lelik! Is dit maar miskien omdat hy “oud” word of wat? help asb.
– Susan van Rensburg Cindy: Ek het dieselfde probleem, maar myne is nie my kat nie, dis my man. 🙂
Mens sien hierdie tipe van aandag soek baie by katte. Die oorsaak sal jy self moet opspoor. Het jy hom dalk op ‘n stadium ekstra stukkies kos begin voer in die kombuis of van die tafel af en nou soek het net iets wat hy dink hom toekom? Of dalk het hy oorgewig geraak en nou wil hy baie eet? In laasgenoemde geval moet jy sy normale etes oor die dag uitrek. Het die omstandighede by sy huis miskien verander – aanbouings, iemand was lank siek, ‘n nuwe troeteldier of baba?
‘n Ander moontlikheid is dat hy net wil saampraat. Siamese is veral bekend vir “praat”. Praat terug, maar maak dit duidelik dat julle praattyd beperk is tot wanneer daar nie ander mense is of daar geëet word nie.
Mens moet fyn waarneem om te kan sien wat dit is wat sy gedrag laat verander het en jy moet dan iets daaraan doen, dit gebeur nie sommer vanself nie.

Help
Kan iemand asb. raad gee? Ogies en ek bly al ongeveer 12 jaar bymekaar en het vele ervaring gedeel, hy is my beste vriend en ek probeer altyd net die beste vir hom doen. Sy tande begin egter nou baie sleg word, ek hatal laat trek en laat skoonmaak. Weet iemand van ‘n baie goeie tand-arts vir katte en of implantantate gedoen kan word? Indien nie, met hoeveel tande kan ‘n kat klaarkom sonder dat hy lewens-kwaliteit inboet? Ek bly in Pretoria omgewing?
– Sakkie Botha

Cindy skryf: “Sy begin nou oud word en dit is natuurlik vir haar om tande te verloor. Sy moet nou sagter kos begin kry indien sy nog harde pilletjies eet.”

Help
My kat Heidi weier soms om haar kos te eet, soos bepaalde hoender uit blik, sy krap dan met haar pootjie langs die bak, wat beteken dit, ek het dan gelees dat hulle dit doen wanneer hulle geet het en tevrede met die kos was. Kan iemand raad gee? Baie dankie en katgroete.
– Elke Barnstijn

Cindy skryf: “Elke, hulle doen dit wanneer hulle nie honger is nie, wanneer hulle nie van die kos hou nie of wanneer hulle nie van die ligging van die kosbak hou nie. Die gekrap is ‘n oorblyfsel van ‘n tyd toe hulle nog hul kos begrawe het. Indien sy dit net met sekere kossoorte doen is dit seker veilig om te raai dat sy nie van daardie kos hou nie.”

Help
Ek het hulp nodig. Ek het ‘n katjie van so 8 maande oud (Tiny – wyfie nou swanger) oorgeneem by mense wat nie meer na haar kon kyk. Ek het twee ander katte onderskeidelik ‘n jaar en drie maande (Noenoes) en 3 jaar (Charlie). Beide Noenoes en Charlie doen hul besigheid nog altyd buitekant. Tiny wil dit nie aanleer om buitekant te gaan as sy wil urineer nie. Wat kan ek doen om haar te leer waar sy haar besigheid moet doen?
– Chrisna van Graan

Cindy skryf: “Soms doen hulle dit wanneer daar sekere mediese probleme is. Dalk moet jy haar vearts toe neem vir ‘n ondersoek. Stres is nog ‘n rede hoekom sommige katte dit doen. Haar nuwe omgewing kan haar dalk nog onveilig laat voel. Spandeer bietjie tyd met haar, dit kan dalk help. Indien sy in dieselfde areas piepie kan jy haar in daardie omgewing voer. Katte sal nie sommer piepie waar hulle eet nie. Indien niks werk nie moet jy haar tot ‘n klein area beperk en met ‘n sandbak leer.”

Help
My kat het 3 baba katjies wat vandag 1 maand oud is. Ek wil baie graag weet op watter ouderdom hulle kan begin eet en wanneer ek hulle kan weg vat van die ma om weg te gee. Twee van die katjies se ogies dra verskriklik. Ek maak dit elke dag 2 x skoon maar dit plak nog steeds vas. Is daar iets wat ek kan gebruik om dit te verbeter?
– Thea Jordaan

Cindy skryf: “Op om en by 4 weke sal hulle die mamma begin na-aap met eetgewoontes, dan sal hulle stelselmatig begin oorgaan na ander kos op hul eie. Gedurende hierdie tyd moet hulle egter nog aan mamma kan drink. Op 8 weke behoort hulle gereed te wees om haar te verlaat.
Kontak ‘n vearts oor die ogies.”

Help
Ek het ‘n baster siamese kat. Hy is nou veertien jaar oud. Wat my pla is dat hy soms baie aggressief kan voorkom. As ek nie soggens gou genoeg opstaan om vir hom kos te gee nie, sal hy my arm aanval en byt. Dan kry hy ook soms snaakse trekkings in sy gesig, veral as hy kwaad is kom dit meer voor. Ek is bang dat hy dalk beroerte kan kry omdat hy so oud is. (sien foto)
– Trudy Muller

Cindy skryf : “Klink vir my soos ‘n ou omie vol nukke. Dit gebeur maar met ons as ons oud raak. Soos meeste ou mensies moet jy hom maar met geduld hanteer. Klink nie ernstig nie.”

Help
Ek het so pas op julle webbladsy gelees dat katte nie soet kan proe nie. My kat vrek oor fudge – sy sal ‘n toe pakkie fudge oopbyt en haarself heerlik help aan die inhoud. Is dit sommer net oor sy kan, of is dit regtig omdat sy van die smaak hou?
“Dogs have slaves – cats have staff …”
– Antoinette

Cindy skryf : Fudge het natuurlik ander geure ook. Dalk hou sy daarvan of miskien van die tekstuur. Dit is mos ‘n lekker ding om te lek.

Help
Mag daar ASB iemand wees wat my kan help? My liefding in die huis, my kat Tequila, het sinus. Dit het begin na ons van die Noord-Kaap af Jhb toe getrek het en toe ons so 2 maande terug Limpopo toe trek toe word dit net erger. Haar oë onder is opgehewe en sy bly nies. Wat kan ek doen om haar te help of net bietjie gemakliker te maak, want sy kan skaars deur haar ogies sien.
– Tinki Krugel

Cindy skryf :
Dit klink aasof dit baie erg is. Tequila gaan dalk ‘n operasie moet ondergaan. Die beste is maar om ‘n vearts te spreek. Sekere vorms van sinus in katte is baie aggresief en moet mediese behandeling kry.

Help
My kat het vier kleintjies gekry en hulle is nou vier maande oud. Een van hulle lyk al van babatjietyd af siek. Toe hulle ongeveer 1 maand oud was het ons hom veearts toe gevat want hy het Snuffels gehad. Ons het toe vir al vier die kleintjies en die ma medisyne gegee maar die enetjie bly lyk of hy siekerig is. Dit klink of sy neusie toebly en hy nie lekker asem kan haal nie.Almal is lewendig en vat my huis oor (wat natuurlik nie rerig’n probleem is nie) behalwe hy. Hy is ook die meeste van die tyd eenkant. Wat staan my te doen?
– Adri Edwards

Cindy skryf :
“Dit is nie ongewoon om nou en dan ‘n klein katjie te kry waarvan die neusie verstop klink na geboorte nie en die katjie swaar asemhaal nie. Jy sal hom vearts toe moet neem sodat daar bepaal kan word wat die verstopping veroorsaak en hoe dit herstel kan word.”

Help
My Persiese kat van byna 2 jaar, weier steeds om sy “besigheid” buite of in ‘n sandbak te doen. Hy gril hom dood vir gras en grond en soek die koue vloerteëls van die sitkamer op. Wat kan ek doen ek is raadop!
– Johan Smit

Cindy skryf :
“Die katjie het miskien nooit by sy mamma geleer hoe om die bak te gebruik nie. Soms is die bak te naby aan hulle kos, of daar is te veel rumoer naby die bak of die bak is nie skoon genoeg na sy sin nie. Dit kan ook wees dat hy gril vir die sand / grond. Vervang die sand in sy bak met skaafsels of enige ander materiaal en kyk of hy nie daarvan hou nie.”

Help
“My 18 maande oue persiese kat het las met omlope (veral op sy neusie, ore en stert). Ek het hom al ‘n paar keer vearts toe gehad en salf en sjampoo gebruik, maar dit wil nie help nie. Wat staan my te doen?”
– Lettie Smit

Betina skryf :
“Ek vermoed daar is ‘n middel waarmee hulle ingeent kan word. Daar is medikasie hiervoor. Al ander oplossing wat jy tans het is om al die oppervlaktes in jou huis elke dag deeglik skoon te maak en elke dag te stofsuig.”

Help
Ek wil graag weet wat moet ek gebruik om die urine reuk van my kat uit die matras en mat uit te haal.
– Isabel

Anoniem skryf :
Vir jou mat kan jy by die winkel kyk vir produkte wat gebruik word om ‘n baba se doeke mee te ontsmet. Maak dit aan met water, gooi op die plekke op die mat en was af met seepwater of met jou nat-stofsuier. Jy kan ook asyn probeer. Meng een deel water met drie dele asyn en maak die plekke nat. Sit iets swaar en nie-absorberend op die plek en laat droogword. Herhaal nou weer, maar net met een deel asyn en drie dele water die keer. Dit neem ‘n paar dae vir die asynreuk om weg te gaan, maar dan is die katreuk ook weg.

Michelle Botha skryf: “Hier is ‘n mengsel wat ‘n mens aanmaak wat defenitief daardie reuk wegvat en dit ook sommer mooi skoon maak.
50-100ml water
50-100ml wit asyn
5ml Ammoniak
25ml Spirits
Meng alles saam. Was dan die onderwerp deeglik sommer met ‘n nealborsel.”

Help
Ek het ‘n Siamese Kat, Nuska, 11 jaar oud. Dié kat eet net Iams-pille en toe sy ‘n bietjie vet was, het die veearts haar na ‘n ander gebalanseerde dieët verwys. Sy lek en krap gedurig, wil vir my voorkom of sy juk. Kan iemand help, want die veearts het al vir my gesê dit kan hormone wees? Enige iemand wat my kan help asb.
– Wolkie

Anoniem skryf:
“Indien sy begin krap het nadat jy haar kos verander het kan dit wees dat daar iets is in haar nuwe kos waarvoor sy allergies is. Probeer ‘n ander handelsmerk.”

Help
Ons het so pas verhuis en ons nuwe woning grens aan’n reservaat. My 3 jarige kat Max het intussentyd verander in ‘n jagter van formaat, en is vinnig besig om die muis populasie uit te dun. Ek word oorlaai met geskenke en word elke nag verras met 5 tot 6 springlewendige muise. My man is besig om die horries te kry. Enige raad? Ek kan dit nie oor my hart kry om met hom te raas nie, gevolglik is ek en Max heel bo aan die ongewildheidslys!
– Carin Badenhorst

Anoniem skryf: “Jy behoort goed te voel oor jouself. Max se gedrag is natuurlik en wys dat hy jou totaal aanvaar. Sit eenvoudig ‘n klokkie aan sy bandjie indien jy wil hê hy moet minder suksesvol wees op sy jagtogte.”

Help
Ons het ongeveer 2-maande gelede a mannetjie kat aangeneem wat so 16-maande oud is. Van die dag wat ons die kat gekry het, het hy nog nie ophou merk nie. Dit is asof dit nou erger word in plaas van minder. Kan julle my moontlik help met inligting oor hoe ek stop kan sit daaraan?
– Lizel Vorster

Anoniem skryf:
“Laat die kat regmaak. Dan sal hy ophou.”

Sluit aan by die Gesprek

63 Kommentare

  1. Ek het n rondloper kat by die werk begin kos gee en het baie mak geword.sy het nou 4 kleintjie wat sy in die dak het. Hul is omtrent 3 weke oud.wat staan my te doen.moet ek die kleintjies gaan afhaal of sal sy hul afbring as hul groot genoeg is.sal sy hul verwerp as ons aan hul vat

  2. Help
    Ek het 'n katjie wat so drie dae terug geboorte gegee het aan 6 ander katjies en ek will net weet of dit normal is as hulle so elke nou en dan blaas…

  3. Help
    Ek het 'n katjie wat so drie dae terug geboorte gegee het aan 6 ander katjies en ek will net weet of dit normal is as hulle so elke nou en dan blaas…

  4. Beauty my Kotter kat het die gewoonte om haar gesiggie van die een kant van my voet tot die ander te skuur, as ek nie genoeg aandag gee nie claw sy my en begin my tone nibble.

  5. My katjie Beauty skuur haar kop van die een kant van haar gesiggie tot die ander kant om my tone as ek dit wil weg vat kap sy hul liggies en knibbel my tone…….hoekom doen sy dit?

  6. Kan enige iemand my raad gee ek gee al 2 jaar 2 wilde katjies kos. Wil graag die wyfie kat vang om haar reg te maak. Ek al hokke neer gesit met Kentucky in als kry net mooi niks reg sys te wild.

    Janine H

  7. Kan enige iemand my raad gee ek gee al 2 jaar 2 wilde katjies kos. Wil graag die wyfie kat vang om haar reg te maak. Ek al hokke neer gesit met Kentucky in als kry net mooi niks reg sys te wild.

    Janine H

  8. My kat is al vir 2 dae Baie siek. By is van Balkans af en eet en drink niks…Ek gee maar water met n seuntjie in.. Sy tandvleis lyk geel

Lewer kommentaar

Leave a Reply