Keer dat mense jou op Twitter tag

Twitter laat jou nou toe om mense in foto’s te etiketteer (tag) en tot vier foto’s in een twiet te plaas. Gelukkig is daar ’n manier om te bepaal wie jou kan tag.

Dié nuwe funksie van Twitter laat outomaties enigiemand toe om jou te tag, maar in werklikheid is daar drie opsies om van te kies: “Anyone, Only people you follow & No one”.

Om die verstelling te verander van “Anyone” gaan jy soos volg te werk:

  1. Klik op die rat-ikoon, bo regs
  2. Kies “Settings”
  3. Kies “Privacy and Security”, links
  4. Onder “Privacy” kan jy jou eie keuse uitoefen

Lewer kommentaar

Leave a Reply