Moet aanlyn dobbel in Suid-Afrika gewettig word?

Aanlyn dobbel in Suid-Afrika is ’n florerende, snelgroeiende bedryf. Dit is ten spyte van die regering wat hulle voete sleep met betrekking tot wetgewing om die bedryf te reguleer en die Casinovereniging van Suid-Afrika (Casa) se veldtog teen aanlyn operateurs en diensverskaffers.

Casa verteenwoordig die tradisionele casinobedryf wat staatmaak op voete in hul dobbelpaleise, mense wat ook van ander vorms van vermaak gebruik sal maak wanneer hulle gaan dobbel. Casa beskerm waarskynlik hul eie belang, veral as mens kyk na die R4,5 miljard inkomste wat Casa se lede verdien het in 2014.

Sommige kenners meen dat sowat 5% en meer van dobbelaars in Suid-Afrika jaarliks begin om aanlyn te dobbel, eerder as om na ’n tradisionele casino te gaan. Nog ’n rede hoekom Casa meen aanlyn dobbel moet nie gewettig word nie. Ander argumenteer weer dit is ’n goeie rede vir die staat om wetgewing te hersien.

Intussen glo die Departement van handel en nywerheid nog dat hulle die wêreld van aanlyn dobbel kan reguleer en skep die regering net nog taakspanne om ’n onderwerp aan te spreek wat al deeglik internasionaal nagevors is.

Daardie 5% verteenwoordig nou al meer as R110 miljoen. Boonop is diegene wat aanlyn dobbel hoofsaaklik uit die middel- en hoër-inkomstegroepe. Die DA het in Junie vanjaar ’n privatelede-wetsontwerp ingedien wat ten doel het om internet-casino’s te reguleer. Volgens die DA verklaar die regering aanlyn dobbel as onwettig, maar die publiek beskou dit nie as sodanig nie.

Die regering verbied nog internet-casino’s, maar Suid-Afrikaners dobbel in die gemak van hul eie huis in casino’s wat wettig in die buiteland geregistreer is. Heelwat van hierdie casino’s fokus op diens aan die plaaslike mark, selfs in Afrikaans.

OnlineCasinoSafari.co.za bied ’n omvattende gids tot die wêreld van aanlyn dobbel, spesifiek geskryf vir Suid-Afrikaners. Daar word onder andere gefokus op die wetsaspekte, dobbel met selfone en tabletrekenaars en die moets en moenies van bonusse wat aanlyn casino’s aanbied. Daar is ook ’n lys van die gewildste aanlyn casino’s van 2015.

Kenners meen ’n gereguleerde aanlyn dobbelbedryf sal goed wees vir Suid-Afrika. Dr. Jonathan Parke, direkteur van die navorsingsgroep Sophro en voorheen verbonde aan die Sentrum vir die Studie van Dobbel aan die Universiteit van Salford in Brittanje, is van mening dat aanlyn dobbel baie makliker is om te reguleer as tradisionele casino’s. Verder sê hy dat dit nie meer verslawend is as tradisionele maniere van dobbel nie en dat spelers makliker beskerm kan word.

Dit is onwaarskynlik dat ons in die nabye toekoms enige verandering gaan sien in die status quo van aanlyn dobbel in Suid-Afrika.

Intussen speel duisende Suid-Afrikaners salig voort met miljoene rande.

Klik hier om OnlineCasinoSafari.co.za te besoek.

Aanlyn dobbel in Suid-Afrika
Aanlyn dobbel in Suid-Afrika

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar