Ooooo Vuyo

Die Sowetan berig dat die TV-aanbieder, Vuyo Mbuli, deur ene Pat Legwabe by sy verloofde betrap is.

Volgens die ontstoke Legwabe wou hy by die huis van sy verloofde, Thabisa Nyamakazi, ingaan toe sy, geklee in ‘n pienk nagrok en rooi onderklere, die deur probeer toedruk het om hom uit die huis te hou. Hy het haar uit die pad gedruk en vir Vuyo in die kamer aangetref waar hy besig was om sy klere aan te trek.

Die getroude Vuyo erken dat hy by die huis was, maar ontken dat hy ‘n verhouding met Nyamakazi het. Nyamakazi ontken dat Vuyo by haar huis was.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar