Pieter en die wolf
Pieter en die wolf is ’n Russiese kleinood en dié klassieke gunsteling deur Sergei Prokofiëf word op ’n guitige nuwe manier in Afrikaans en Engels vertel.

Verskillende instrumente beeld die onderskeie karakters uit en dit is die ideale manier om kleintjies vertroud te maak met hul kleure en klanke.

Prokofiëf was ’n Sowjetse komponis, pianis en dirigent. As die skepper van meesterstukke in verskeie genres, word hy beskou as een van die grootste komponiste van die 20ste eeu. Sy werk sluit in Pieter en die Wolf, die ballet Romeo en Juliet en die klankbaan vir Sergei Eisenstein se rolprent Alexander Nevsky.

Van die talle werke wat hy in verskillende genres voltooi het, is sewe voltooide operas, sewe simfonieë, agt ballette, vyf klavierkonserte, twee vioolkonserte, ’n tjellokonsert, ’n simfoniekonsert vir die tjello en orkes, en nege voltooide klaviersonates.

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 30 minute
Kaartjies: R60 leerders | R150 volwassenes | Kinders o/6 gratis (Ingesluit by
Familiedag-kaartjies)
Plek: Coetzenburg, Stellenbosch
Datum: 3 Maart 10:15
Woordfees 2018


Pieter en die wolf

Pieter en die wolf


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar