R700 vir ‘n kaal huishulp

Dalk soek jy nie ‘n huishulp nie, maar eerder ‘n rekenmeester, ‘n kok, of wat van ‘n loodgieter.

Die Sowetan berig dat ene Jean-Paul Reid, ‘n rekenmeester van Kaapstad, ‘n maatskappy begin het wat naak en halfnaak-dienste lewer. Daar is glo niks seksueel aan die diens nie en is bloot bedoel as vermaak. Dit is beskikbaar is Kaapstad, Johannesburg, Durban en Pretoria.

Meeste kliënte is glo mans wat van skoonmaakdienste gebruik maak. Die koste beloop R700 vir 2 ure.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar