Rugby is vir sissies. Calcio Fiorentino daarenteen is ‘n sport vir manne wat manwees verstaan.

Calcio Fiorentino dateer uit die sestiende eeu en is ‘n primitiewe voorouer van sokker en rugby waarin vuisslaan binne die reëls is. Die naam is afgelei van die Italiaanse stad Florence, waar die sport begin het, en die Italiaanse woord vir skop, “calcio”. Die doel van die spel is om ‘n bal in enige een van twee doelhokke aan weerskante van die veld te kry. Hoe jy dit regkry maak nie juis saak nie. 27 spelers speel aan ‘n kant, en om moord en doodslag te voorkom is daar ag skeidsregters.

Daar word net drie wedstryde per jaar gespeel.

foto: Tom Stardust
foto: Tom Stardust

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar