Die SABC weier om Nando’s se nuutste advertensie uit te saai. Die advertensie is gemik teen xenofobie.
Die SABC het Nando’s laat Donderdag in kennis gestel dat hy nie die advertensie gaan uitsaai nie omdat dit die Wet op Elektroniese Kommunikasies en Transaksies en die kode van die advertensiestandaarde-owerheid (ASA) verontagsaam.
Mark Radomsky van Nando’s, het die uitsaaier daarvan beskuldig dat hy sensuur toepas op die maatskappy se reg op vryheid van uitdrukking. Volgens die maatskappy het die SABC versuim om skriftelik te reageer en die ASA het bevestig dat die advertensie nie sy kode verontagsaam nie.
Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SABC, het gesê die advertensie is weens “xenofobiese ondertone” onttrek.
Lewer kommentaar