Adolph Gysbert Malan (1910 – 1963), bynaam Sailor Malan, was ’n Suid-Afrikaanse vegvlieënier en dié baasvlieër in die Royal Air Force (RAF) tydens die Battle of Britain.

Sailor Malan

Malan is later verkies tot leier van die Fakkelkommando. Die Fakkelkommando is in 1951 gestig deur oudstryders van die Tweede Wêreldoorlog om die Nasionale Party (NP) se beleid van Apartheid teen te staan.

Malan sterf op 17 September 1963 in die ouderdom van 53 aan Parkinson se siekte.

Die Nasionale Party wou Sailor Malan uit die geskiedenis vee. Hulle was bang dat veral jong Afrikaners in Malan se voetspore sou wou volg. Hy is deur die NP verag vir sy uitgesproke standpunte teen Apartheid. Dienende lede van die Suid-Afrikaanse Weermag is verbied om sy begrafnis in uniform by te woon. Daar was ook geen inskrywings oor hom in Afrikaner-Nasionalistiese publikasies van die tyd of jare daarna nie.

Adolph Gysbert Malan is vereer met onder meer die Britse D.S.O., D.F.C., die Belgiese Croix de Guerre, en die Franse Croix de Guerre, ’n orde van die Erelegioen, en die Militêre Kruis van Tsjeggo-Slowakye.

Adolph Gysbert Malan

Lewer kommentaar

Leave a Reply