‘n Satiriese plakkaat van pres. Jacob Zuma en die DA-leier Helen Zille het sosiale netwerke behoorlik aan die gons.

Dit is die nuutste bespotting van DA se studenteliggaam Daso se plakkaat-veldtog wat ‘n oorlog op sosiale netwerke veroorsaak.
Die plakkaat wat op die komedieprogram ZANews se Facebookblad geplaas is, beeld Zuma en Zille uit waar hulle liefdevol in mekaar se oë staar met Zille se een hand om Zuma se nek.
